Winter-wonder#35: Soete jasmyn in die tuin

Jeanne:stillewe.com:winter35
D
ie jasmyn is aan’t blom, uiteindelik! Effens later as verlede jaar, maar liewers laat as nooit. Daar is geen ander reuk wat sterker dui op die koms van die lente as dié van jasmyn nie. Sterk, soet, effens poeieragtig, bedwelmend. Hemels. ’n Klein vreugde om dit op ’n dag soos vandag te sien blom, ’n dag vol koue winde en grys wolke. Dit voel dalk nog soos winter, maar minstens ruik dit al soos lente.

Winter-wonder# 33: Affodille!

Jeanne:stillewe.com:winter33Vanoggend, uiteindelik, het die eerste affodil in my tuin begin blom. Maande gelede het ek die blombolle geplant, en nou uiteindelik is daar tekens van lewe. Hierdie laatwinter-blom is vir my een van die hoogtepunte van die wintertuin. Eerstens kom hulle te voorskyn net op die regte tyd – wanneer mens nou al goed moeg is vir winter, en bietjie kleur en vrolikheid in die omgewing benodig. Dit gaan gepaard met die wete dat lente, stadig maar seker, in aantog is. Tweedens – wel aanskou net die blom: Die simmetrie, die intensiteit van die kleur – geen wonder die ander naam daarvoor is die môrester nie.

Continue reading

Winter-wonder#32: die warmte van die tagine

Jeanne:stillewe.com:winter32
Marokkaanse geregte leen hulself nogals tot die winter. Al daardie eksotiese geure: komyn, kaneel, koljander – 
die gebruik daarvan skep ’n soort warmte in die huis (en die maag) waarvan ek regtig hou. ’n Vriendin was so gaaf om vir my haar tagine te leen – daardie tradisionele Marokkaanse kookpot wat gebruik word om tagines/bredies te maak – en gister het ek dit vir die eerste keer ingespan, vir ’n bielie van ’n hoender-en-appelkoos-tagine.

Continue reading