Vir oulaas ’n winter-wonder

Jeanne:stillewe.com:winterwonder40
S
o, hiermee die laaste winter-wonder, vir eers (en tot volgende jaar). Gegewe die feit dat ons die lente-dag-en-nag-ewening op 23 September gevier het, is die lente nou heelhartig met ons, dankie tog. (Hoewel ek seker is daar wag nog koue, selfs sneeuweer, op ons.) Maar voor ek my aandag na hierdie lieflike seisoen verskuif, wil ek net ’n oomblik stilstaan by daardie pragtige Kaapse winterblom, die aronskelk of varkoor.

Continue reading

Winter-wonder#38: boerbone!

Jeanne:stillewe.com:winter38
U
iteindelik, ná maande se aandag en sorg en natlei en oplei, is die boerbone in my tuin gereed om geoes te word. Die pragtige wit blommetjies van vroeër het almal verdwyn, vervang deur groot, vet groen peule wat swaar aan die plante hang. Die boerboon is een van die groot plesiere van die laat-winter/vroeg lente-seisoen, en proe nooit beter as nou nie. (Terloops, ek weet die winter is nie meer tegnies met ons nie, maar vir die volgende paar dae lyk dit of daar bibberkoue weer op ons wag, so ek gaan vir oulaas ’n paar winter-wonders publiseer…)

Continue reading

Winter-wonder#37: Intense & dekadente warm sjokolade

Jeanne:stillewe.com:winter37
N
ou  ja, vir die laaste amptelike dag van winter was dit gepas koud en stormagtig. Hopelik is dit nou die laaste sien van dié seisoen, maar mens weet ook nooit. Om die geleentheid te vier het ek warm sjokolade gemaak – maar nie sommer net enige weergawe nie.

Onlangs by ’n kuier saam met vriendinne by ’n restaurant in die Paarl het ons vir poeding “hot chocolate shots” van die spyskaart bestel. Dit was geensins jou gewone aanmaak-drankie nie – dié bederf was ryk en romerig, met ’n diep en donkersoet sjokolade-smaak, voorgesit in klein espresso-koppies. Die afgelope ruk het ek bietjie geëksperimenteer met verskillende konkoksies, en vandag s’n het beslis as die wenner uitgetree.

Continue reading

Winter-wonder#35: Soete jasmyn in die tuin

Jeanne:stillewe.com:winter35
D
ie jasmyn is aan’t blom, uiteindelik! Effens later as verlede jaar, maar liewers laat as nooit. Daar is geen ander reuk wat sterker dui op die koms van die lente as dié van jasmyn nie. Sterk, soet, effens poeieragtig, bedwelmend. Hemels. ’n Klein vreugde om dit op ’n dag soos vandag te sien blom, ’n dag vol koue winde en grys wolke. Dit voel dalk nog soos winter, maar minstens ruik dit al soos lente.