Winter-wonder 7: Gesiggies om ’n vaal tuin op te vrolik

Jeanne:stillewe.com:winter7aEk weet nie van ander mense nie, maar my tuin lyk soms maar vaal en effens verlate hier aan die begin van die winter. Dis nie dat daar nie dinge groei nie – die ertjies, boerbone en ’n hele ander rits winter- en lentegroente is kliphard besig om te ontkiem of rank. Maar terwyl ek wag vir die klein plantjies om lyf te kry, is daar ’n hele klomp leë plekke in die tuin.

Die afgelope naweek het ek besluit: dit sal darem nie deug nie. As mens deur die winter wil kom, gaan jy ’n bietjie kleur nodig hê. (Dis immers nog maande voor die blombolle regtig begin blom, en die pronkertjies het ook nog baie tyd nodig.) Toe sit ek af kwekery toe vir ’n armvol gesiggies.

Continue reading

Avonture in die herfstuin

Jeanne Calitz:stillewe:herfstuin4Danksy die heerlike herfsweer van die afgelope ruk, en met die idee om soveel as moontlik van hierdie matige sonskyndae in die buitelug te geniet, het ek heelwat tyd in die tuin deurgebring oor die laaste week of so.

Jeanne Calitz:stillewe:herfstuin
Ook goed so, want daar is/was baie om te doen. Herfs beteken gereedmaak: vir die winter wat oppad is, vir die lente wat daarop volg. So dis tyd om blombolle te plant; om gesiggies in te werk orals waar daar ’n gaatjie is, sodat jy iets vroliks het om na te kyk in die winter; om pronkertjie-saadjies te saai wat hopelik in September gaan blom. Continue reading

‘n Vuurpyl in die tuin

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl2
Daar is min dinge waarop ek regtig kan staatmaak as tuinier – my aanslag is waarskynlik te onwetenskaplik en ontspanne vir gewaarborgde resultate. Maar die een ding wat ek wel kan vertrou, is die enkele Vuurpyl (Kniphofia praecox) in die tuin.

Wel, in ’n pot, om eerlik te wees, en een wat te klein is daarby, wat beteken dat ek binnekort ’n manier gaan moet kry om hom uit sy terracotta-blyplek te verhuis. Maar ondanks sy beperkte groeispasie, blom dié lieflike inheemse plant klokslag. Nie gereeld nie, verstaan. Inteendeel, my kleine vuurpyl blom net een keer per jaar, en dan ook nie vir vreeslik lank nie – maar sy blomme verskyn altyd iewers tussen middel-Maart en vroeg April. Dan weet ek: dis Herfs. By gebrek aan die soort bome in die tuin wat die verandering van die seisoene met hul blare aankondig, hou ek my oog op die vuurpyl, met sy elegante, lang stingels en die massas klein pypvormige blommetjies.

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl3
Staaaaaadig verklap die blomme die weer se draai; verander hul kleur van vaalgroen, na ligte bruin, na sagte oranje en dan, uiteindelik, die pragtige skel-oranje wat aan die plant sy naam gee. Geleidelik word die blomkop ook groter, met die individuele blomme wat losser begin sit en mettertyd van onder af boontoe begin geel raak en verlep. En dan is die vuurpyl se kort pronktyd weer verby.

Tot volgende jaar, dus.

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl

Klein vreugdes: rose uit die tuin

Jeanne Calitz:stillewe:rose
D
aar’s min dinge in die lewe wat my so gelukkig maak soos rose uit die tuin. Hulle hou natuurlik nie so lank soos winkelrose nie en is geensins so perfek nie, maar tuinrose het net soveel meer karakter, soveel meer geur.  Saterdag het ons mense genooi vir ete en in plaas van ’n bos blomme in die winkels gaan koop, kon ek die tafel versier met die blomme van ’n paar van die tuinrose wat hier groei.

Die perske-kleurige roos heet Just Joey; hy spog met groot, stewige blomblare en iets van ’n groen appel in sy geur. Dan is daar die pienk tutu van ’n roos, ’n ou Engelse-styl roos met die naam Abraham Darby, as ek reg onthou, en die soet aarbeigeur van rooi koeldrank – maar op ’n goeie manier. En laastens op die foto is die sagte pers roos met die wonderlike hippie naam van Purple Moon – en ek sweer daar skuil ’n titsel litsjie in sy geur.

Daar’s nog ’n hele paar ander in die tuin wat nie tans dra nie: óf hulle is klaar geblom vir die seisoen, óf daar is nog ’n paar laat roosknoppe oppad, tot my groot dankbaarheid.

Daar’s die Beach Beauty, wat klomp oranje knoppe maak wat mettertyd helderpienk en met al die subtiliteit van ’n cheesy sonsondergang afsluit. Daar’s die Mr Lincoln, wat vreemd skaam is hierdie seisoen maar gewoonlik spog met dramatiese, dieprooi blomme en die intense rooi roos-geur wat mens assosieër met romanse en Valentynsdag. Daar’s Marvellous Rita, ’n robuuste roos wat talle roomkleurige blomme met digte blare uitstoot, ’n roos met die outydse sjarme van vervloë jare, dink Gone with the Wind. En dan is daar een enkele klein dwergrosie wat elke nou en dan haar slag wys met klein, sagte pienk blomme wat haar naam (Foxy Lady) gestand doen.

Daar’s ook ’n geel rankroos wat my telkens laat swymel met die vars suurlemoengeur van sy blomme; die kersiepienk Vanessa in die hoek wat die mooiste blomme maak maar net om 12:00 na enigiets ruik, en ’n roos met die naam Confidence wat GLAD nie op haar naam trek nie en verpiep en verlep aankarring. (Waarskynlik meer my skuld as hare.)

Maar maak nie saak hoeveel rose daar in my tuin groei nie, ek wil altyd nog hê. Die versoeking is altyd daar om nog een pot te koop, nog een gat iewers te grawe, nog ’n roos met ’n bekoorlike naam iewers in te smokkel. Soveel geure en kleure; soveel verskeidenheid. ’n Roos is nie net ’n roos nie. Hoe wonderlik is dit nie?

Oor impulsiewe plant-inkopies

Jeanne Calitz:stillewe:winterplante
So, danksy die onvoorspelbare vryheid van die lewe as vryskut-joernalis, kon ek vandag die meeste van my tyd in die tuin deurbring. (Dit klink dalk wonderlik – as tuinmaak jou ding is – tot jy die sommetje maak en besef een weeksdag se plesierige tuinmaak is ook een volle dag wat jy nie verdien nie. Maar wat, geld is nie alles nie.)

En ek moet erken, dit was wel ’n héérlike dag. Dinge het begin met ’n besoek aan die kwekery, waar ek eintlik net sakke potgrond en ’n paar winter-blombolle en pronkertjes wou koop … Toe ruk sake oudergewoonte handuit, en is ek daar weg met BAIE meer groen goed as waarvoor ek plek het.

Continue reading

Nuwe seisoen, nuwe lewe

Toe ek vanoggend by die agterdeur uitstap, word ek begroet deur nuwe lewe, klein tekens daarvan, orals deur die tuin. Dit was ’n aangename verrassing, en goed vir die gemoed, want die afgelope ruk is ek effens bedruk oor die aanvang van herfs. Nie dat ek ’n probleem het met herfs nie – dis ’n lieflike seisoen, veral siende die Suidoos dan gewoonlik gaan lê. Maar herfs beteken winter, en ek is nie ’n wintermens nie. (Seasonal affective disorder, is die fancy term daarvoor. Ek sulk sommer net.)

Maar al die klein groen plantjies en blaartjies en bloeisels wat hul koppe in my klein stadstuin uitsteek, het my gelukkig herinner: herfs beteken dalk die einde van somer, maar dis ook die begin van iets anders – dit bring die belofte van bont pronkertjies en ranonkels, sitrus, koejawels, ertjies, boontjies en broccoli – alles dinge wat ek met bietjie moeite en geduld uit die tuin kan toor.

En skielik raak ek sommer opgewonde, en begin met ’n visuele lysie van alles wat nou tekens van nuwe lewe toon, en dus binnekort (metafories en teoreties, in sommige gevalle) vrugte gaan dra.

Jeanne Calitz:stillewe:nuwegroei4Die boontjies wat ek ’n week gelede geplant het, het sommer oornag, vol ywer en selfvertroue, hul koppies deur die grond gesteek. Ek is altyd verbaas oor hoe sterk en vinnig dié plantjies groei. Voeg daarby die feit dat hierdie erfenis-sade nog reënboogboontjies ook gaan word (groen en pers en geel!) en soveel te beter.

Jeanne Calitz:stillewe:kerrieboom
D
ie kerrieboompie, wat tot onlangs maar redelik sukkel-sukkel aangepoer het, stoot skielik links en regs nuwe takkies uit. O hemel, ek gaan sulke lekker kerries van hom maak in die winter …
Continue reading