Vir oulaas ’n winter-wonder

Jeanne:stillewe.com:winterwonder40
S
o, hiermee die laaste winter-wonder, vir eers (en tot volgende jaar). Gegewe die feit dat ons die lente-dag-en-nag-ewening op 23 September gevier het, is die lente nou heelhartig met ons, dankie tog. (Hoewel ek seker is daar wag nog koue, selfs sneeuweer, op ons.) Maar voor ek my aandag na hierdie lieflike seisoen verskuif, wil ek net ’n oomblik stilstaan by daardie pragtige Kaapse winterblom, die aronskelk of varkoor.

Continue reading

Lente in die lug

Jeanne:stillewe.com:lente
E
k is ’n dag laat met hierdie ode, maar dis ook in die haak – die lente het nog skaars begin. Plus, gister het ek nie soveel pronkertjies in die tuin gehad om af te neem nie, so as ek iets sou skryf, sou dit sonder ’n foto moes wees. Terloops, hoe mooi is die kersierooi-kleur van die blom op links nie?

Terug by die saak aan hande: hoera vir die lente! (En dankie tog, ek is heeltemal oor die winter.) Wat ’n feestelike seisoen is dit nie – die temperature raak vriendeliker, die son kom vroeër op, dis net bloeisels en blomme en nuwe groen blare waar jy kyk. Ek sou graag meer digterlik en liries hieroor wil raak, maar dit was ’n lang dag, en ek laat digterlike impulse liewerste aan die kenners oor. Iemand soos ee cummings, wat die uitgelate gees van lente vasvang soos wat ek nog nie elders teegekom het nie.

Continue reading

Winter-wonder#35: Soete jasmyn in die tuin

Jeanne:stillewe.com:winter35
D
ie jasmyn is aan’t blom, uiteindelik! Effens later as verlede jaar, maar liewers laat as nooit. Daar is geen ander reuk wat sterker dui op die koms van die lente as dié van jasmyn nie. Sterk, soet, effens poeieragtig, bedwelmend. Hemels. ’n Klein vreugde om dit op ’n dag soos vandag te sien blom, ’n dag vol koue winde en grys wolke. Dit voel dalk nog soos winter, maar minstens ruik dit al soos lente.

Winter-wonder# 33: Affodille!

Jeanne:stillewe.com:winter33Vanoggend, uiteindelik, het die eerste affodil in my tuin begin blom. Maande gelede het ek die blombolle geplant, en nou uiteindelik is daar tekens van lewe. Hierdie laatwinter-blom is vir my een van die hoogtepunte van die wintertuin. Eerstens kom hulle te voorskyn net op die regte tyd – wanneer mens nou al goed moeg is vir winter, en bietjie kleur en vrolikheid in die omgewing benodig. Dit gaan gepaard met die wete dat lente, stadig maar seker, in aantog is. Tweedens – wel aanskou net die blom: Die simmetrie, die intensiteit van die kleur – geen wonder die ander naam daarvoor is die môrester nie.

Continue reading

Winter-wonder#28: Die skoonheid van die winter-tuin

Jeanne:stillewe.com:winter28a
Dit het my onlangs getref dat ek ’n totaal verwronge idee van die winter-tuin gehad het. Iewers oor die jare het ek besluit die tuin is hierdie tyd van die jaar lelik. Vaal en leeg. Treurige, kaal bome en takke, dís die prentjie wat by my opkom as ek aan die winter-tuin dink. Liewe aarde, ek kon nie meer verkeerd gewees het nie. Die winter-tuin, besef ek gister, nadat ek bietjie in die erf rondgeloop het om te kyk hoe staan sake, bruis eenvoudig van lewe.

Continue reading