Lente in die tuin

Jeanne:stillewe.com:lenteblomme
Die soveelste inskrywing oor blomme, ek weet. My verskoning, maar die lente blom nou behoorlik in my tuin en ek is skoon uit my vel uit oor al die kleure en geure. Pronkertjies, ranonkels, jasmyn … klein ruikers vol uitbundige kleur die hele huis vol, en dit maak my baie gelukkig.

Dis sommer oor die algemeen ’n heerlike tyd in die tuin. Alles is groen en nuut en groei op topspoed. Die vyebome het reeds talle nuwegroen blare uitgestoot, asook ’n paar verdwaalde klein vye. Die bloubessies se fyn wit klokkie-blomme is stadig maar seker besig om om te skakel in poeierblou bessies, die suurlemoen- en lemmetjiebome dra swaar aan talle wit bloeisels (met hul hemelse geur) en die eerste roosknoppe sal, as ek dinge so kyk, binnekort oopgaan.

En dan is daar die voorbereidings wat getref moet word vir die somer-groentetuin, ’n taak waarmee ek geen pyn het nie, want somergroente bly my gunsteling. Binnekort sal ek al die boontjies en ertjies en pronkertjies, wanneer hulle klaar geblom het, uit die blombakke haal en begin plek en gereed maak vir die somer-oes – tamaties, eiervrugte, soetrissies, dalk ’n paar murgpampoentjies en, as die tyd reg is, reënboog-beet en -wortels. Heugelik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s