Winter-wonder #39: Ranonkels

Jeanne:stillewe.com:winter39
L
aatoggend, toe die sagte reën van die voorafgelope 36 uur uiteindelik bietjie opklaar, stap ek uit om te kyk hoe lyk dinge in die tuin, en daar tref ek een van die winterwonders aan waarvoor ek maande lank al wag: die ranonkels het begin blom. Waar daar onlangs nog net deurmekaar bossies blare was, kroon die pienk blomme met hul talle fyn blare skielik uit. Uiteindelik.

Ek is erg in my noppies, nog meer so toe ek later vandag in Woollies inhardloop en sien ’n klein bossie ranonkels sal jou nou al R100 uit die sak jaag. (Terloops, presies wanneer het winkel-blomme so duur geraak?!) En hier blom hulle vrolik en volop in my tuin. Hoekom almal pienk is, verstaan ek egter nie – die pakkie blombolle het duidelik gesê multicoloured. Verlede jaar het min of meer dieselfde gebeur – ek het net rooi blomme gehad om te wys vir al my moeite. Iewers is daar ’n slenter.

Aan ranonkels het ek eers onlangs weer vat gekry – soos menigte ander kinders moes ek op laerskool met die blombolle smous vir skool-fondsinsamelings, en die ervaring het my bietjie suur gemaak vir dié plant. Maar iewers langs die pad het die besef deurgedring dat, soos met rose, ek mal is oor ‘n blom met baie blare. Sela. Sedertdien verdwyn daar elke herfs ’n pakkie of twee van hierdie blombolle in die tuin, om met redelike sukses in September te begin blom. As daar nou net ’n pers of geel blom iewers wil kop uitsteek, sal dit darem baie gaaf wees …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s