Lente in die lug

Jeanne:stillewe.com:lente
E
k is ’n dag laat met hierdie ode, maar dis ook in die haak – die lente het nog skaars begin. Plus, gister het ek nie soveel pronkertjies in die tuin gehad om af te neem nie, so as ek iets sou skryf, sou dit sonder ’n foto moes wees. Terloops, hoe mooi is die kersierooi-kleur van die blom op links nie?

Terug by die saak aan hande: hoera vir die lente! (En dankie tog, ek is heeltemal oor die winter.) Wat ’n feestelike seisoen is dit nie – die temperature raak vriendeliker, die son kom vroeër op, dis net bloeisels en blomme en nuwe groen blare waar jy kyk. Ek sou graag meer digterlik en liries hieroor wil raak, maar dit was ’n lang dag, en ek laat digterlike impulse liewerste aan die kenners oor. Iemand soos ee cummings, wat die uitgelate gees van lente vasvang soos wat ek nog nie elders teegekom het nie.

Kyk net hoe skryf hy in in Sweet spring is your time:

“sweet spring is your
time is my time is our
time for springtime is lovetime
and viva sweet love

(all the merry little birds are
flying in the floating in the
very spirits singing in
are winging in the blossoming)

lovers go and lovers come
awandering awondering
but any two are perfectly
alone there’s nobody else alive

(such a sky and such a sun
i never knew and neither did you
and everybody never breathed
quite so many kinds of yes)

not a tree can count his leaves
each herself by opening
but shining who by thousands mean
only one amazing thing

(secretly adoring shyly
tiny winging darting floating
merry in the blossoming
always joyful selves are singing)

sweet spring is your
time is my time is our
time for springtime is lovetime
and viva sweet love”

Ek is veral erg oor daardie vierde vers: “such a sky and such a sun”.
En: “everybody never breathed quite so many kinds of yes.”

Dit klink reg, dan nie? Dis die een ding wat hierdie hoopvolle seisoen onderskei; dis asof alles “ja” sê. Hoe gepas. Ja, die winter is verby, ja, die somer is oppad, ja, ’n seisoen van vernuwing en nuwe beginne. Hoe lieflik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s