Winter-wonder#37: Intense & dekadente warm sjokolade

Jeanne:stillewe.com:winter37
N
ou  ja, vir die laaste amptelike dag van winter was dit gepas koud en stormagtig. Hopelik is dit nou die laaste sien van dié seisoen, maar mens weet ook nooit. Om die geleentheid te vier het ek warm sjokolade gemaak – maar nie sommer net enige weergawe nie.

Onlangs by ’n kuier saam met vriendinne by ’n restaurant in die Paarl het ons vir poeding “hot chocolate shots” van die spyskaart bestel. Dit was geensins jou gewone aanmaak-drankie nie – dié bederf was ryk en romerig, met ’n diep en donkersoet sjokolade-smaak, voorgesit in klein espresso-koppies. Die afgelope ruk het ek bietjie geëksperimenteer met verskillende konkoksies, en vandag s’n het beslis as die wenner uitgetree.

Intense & dekadente warm sjokolade
Lewer sowat 6 porsies, voorgesit in espresso-koppies

Bestanddele: 
100 g donker sjokolade – hoe beter die gehalte, hoe beter die eindresultaat
(en hoe hoër die kakao-inhoud, hoe minder soet die doepa, so kies na smaak)
250 ml volroom-melk
250 ml room, plus ’n bietjie ekstra (sowat 100 ml) om styf te klop
2 t goeie kakao-poeier (moenie verwar met warm sjokolade-poeier)

Metode: 
1. Plaas die melk en room in ’n pot op die stoof op medium hitte.
2. Breek die sjokolade in stukke, voeg by die vloeistof en roer tot alles opgelos het.
3. Sif die kakao by en roer deur tot alles opgelos het.
4. Klop intussen die oorblywende room styf.
5. Verdeel die sjokolade-mengsel tussen die koppies, salf elkeen met ’n skeppie room en sprinkel met kakaopoeier (of ’n knippie fynkaneel, as jy wil).
6. Sit dadelik voor – hoe warmer hoe beter.

* Vir ’n bietjie ekstra skop en karakter, sal ’n matige skeut whiskey hierby nie ’n slegte idee wees nie, veral as jy gaste vir aandete het, om die maaltyd mee af te sluit. Dan’s dit sommer nightcap en poeding in een.
** Jy kan ook al die pad gaan en ’n malvalekker in elke koppie gooi, maar doen dit liefs op eie risiko – hierdie is ’n ryk storie, daar’s ’n rede hoekom elke gas net ’n eine kleine koppie kry.

One thought on “Winter-wonder#37: Intense & dekadente warm sjokolade

  1. Liewe aardbodem , Jeanne! Dis onwettig om sulke verleidelike sjokolade-sprokies op jou blog te laai. Hierdie tyd van die nag sal ek enige iets doen om n groot glas van daardie sjokolade- konkoksie in die hande te kry. Klink ongelooflik lekker.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s