Winter-wonder#36: perfekte pronkertjies

Jeanne:stillewe.com:winter36
Die koue is weer oppad – ek voel dit aan my lyf, en in die koel lug wat al heel middag by die agterdeur inslenter. Ek sien dit in die weervoorspelling vir die naweek – koud, koud, koud; reën, reën, reën. Normaalweg sou die vooruitsig my bedruk, maar vanoggend se ontdekking in die tuin vergoed so effens: die pronkertjies het hul koppies begin uitsteek en oplig.

 Vanjaar het ek regtig bos gegaan met die pronkertjies, pakke en pakke saadjes geplant. In die verlede het ek altyd óf te min geplant, óf die wurms het al my werk opgevreet voor ek die vrugte daarvan kon geniet. So vanjaar het ek besluit: oordaad sal dit wees. Die blomme op die foto is net die eerste tekens van wat hopelik ’n welige, bont mengelmoes gaan wees. Een mooi lentedag wil ek ’n armvol vrolike sweetpea’s pluk en dit deur die huis rangskik sodat daardie sagte groen reuk deur elke vertrek kan drentel.
Salig is die woord.

Ek’s ook nog geduldig aan die wag vir twee spesifieke potte se pronkertjies om te begin blom – daarin het ek ’n spesiale pak van erfenis-saadjies met die naam Starry starry night geplant. Die blomme gaan slegs wit, blou en pers wees, en verwys na die kleurskema van Van Gogh se beeldskone skildery. Sover is dié blomme so ’n raps agter hul kollega’s wat die groei betref, maar ek dink dis nie meer lank voor daar ’n klein impressionistiese kunswerk in my tuin blom nie.

One thought on “Winter-wonder#36: perfekte pronkertjies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s