Winter-wonder#34: sitrus, in ’n helder sitrusslaai

Jeanne:stillewe.com:winter34
E
k weet dis redelik laat in die winter om nou eers oor sitrus te skryf – ons smul immers al maande lank aan die seisoen se lemoene, naartjies, pomelo’s ensomeer. Maar vandag se lieflike weer het gemaak dat ek lus was vir iets vars en vrolik en helder vir middagete – iets soos dié heerlike sitrusslaai.

Sitrusslaai met avokado en rooi uitjies
Genoeg vir 4-6
Bestanddele:
1 rooi pomelo, 1 lemoen en twee naartjies – met aandag geskil, die fyn wit gedeeltes ook verwyder, en dan in skywe gesny en gehalveer
150 g blare soos roket of waterkers
’n halwe avokado, in skyfies gesny
’n paar rooi slaai-uie, fyngekap, of sowat ’n derde rooi ui, fyngekap
Slaaisous: 
1 T olyfolie
1 T wit- of rooiwynasyn
2 T vars pomelosap
swartpeper na smaak

Metode: 
1. Rangskik die slaai-bestanddele op ’n opskepbord.
2. Meng al die bestanddele vir die slaaisous en drup oor die slaai.

* Ek is op die oomblik bietjie af van kaas, maar fetakaas sal baie goed werk hier. En wanneer aspersies in seisoen kom, sal ’n paar gestoomde spriete hierby ook glad nie ’n slegte idee wees nie …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s