Winter-wonder# 33: Affodille!

Jeanne:stillewe.com:winter33Vanoggend, uiteindelik, het die eerste affodil in my tuin begin blom. Maande gelede het ek die blombolle geplant, en nou uiteindelik is daar tekens van lewe. Hierdie laatwinter-blom is vir my een van die hoogtepunte van die wintertuin. Eerstens kom hulle te voorskyn net op die regte tyd – wanneer mens nou al goed moeg is vir winter, en bietjie kleur en vrolikheid in die omgewing benodig. Dit gaan gepaard met die wete dat lente, stadig maar seker, in aantog is. Tweedens – wel aanskou net die blom: Die simmetrie, die intensiteit van die kleur – geen wonder die ander naam daarvoor is die môrester nie.

Soos laas jaar kon ek nie die gewone grootte-affodil in die hande kry nie, daardie kleintjies met die oulike kantelkoppies. Hierdie is die reuse-affodil. En hoewel hy nie die ougatgeid het van sy kleiner kollega nie, maak hy op daarvoor in statuur. Ek het net een pak van hierdie blombolle geplant vanjaar – ek sal nie volgende jaar weer daardie fout maak nie. Dis die soort blom waarvan jy massas nodig het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s