Winter-wonder#32: die warmte van die tagine

Jeanne:stillewe.com:winter32
Marokkaanse geregte leen hulself nogals tot die winter. Al daardie eksotiese geure: komyn, kaneel, koljander – 
die gebruik daarvan skep ’n soort warmte in die huis (en die maag) waarvan ek regtig hou. ’n Vriendin was so gaaf om vir my haar tagine te leen – daardie tradisionele Marokkaanse kookpot wat gebruik word om tagines/bredies te maak – en gister het ek dit vir die eerste keer ingespan, vir ’n bielie van ’n hoender-en-appelkoos-tagine.

Die resep het ek basies net so by BBC Food geleen, met ’n paar klein aanpassings hier en daar. (As jy vir die eerste keer iets heel nuuts probeer, voel ek, hou jy vir eers by die kenners se raad.) Dis ’n stewige gereg hierdie, in terme van volume – jy mag dalk selfs twee panne nodig hê. En met al die bestanddele lyk dit dalk na baie moeite, maar as jy eers alles bymekaar het, gaan dinge maklik en vinnig. Plus, die eindresultaat is nogals ’n feestelike bezigheid, en baie geurig – ideaal vir ’n groot winterskuier saam met vriende. Jy het ook nie die tradisionele tagine-pot nodig nie; enige diep pot of pan sal die werk ewe goed doen.

Winterwarm hoender-tagine
Bestanddele:

Lewer 8 porsies

1.2 kg ontbeende hoenderdye en/of hoenderborsies, in duimgrootte stukke
2 T Marokkaanse gemengde kruie soos die Moroccan rub wat Woollies verkoop*
2 bruin uie, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 t elk van: fyn kaneel, komyn, gemmer en borrie
½ t rissiepoeier/ 1 t rissievlokkies
sout en growwe peper na smaak
1 l hoender-ekstrak
2 blikkies gekapte tamaties
200 g gedroogde appelkose (die kleiner Turkse soort werk goed)
1 blikkie kekerertjies, gedreineer
couscous, gekapte pietersielie en gewone jogurt, om voor te sit

* Die oorspronklike resep het gevra vir harissa-smeer, wat ek nêrens kon kry nie, as jy meer geluk het, gebruik 2 T en smeer die hoender daarmee in.

Metode:
1. Vryf die Marokkaanse speserye in die hoender in en laat ’n rukkie staan.
2. Braai die hoender vinnig in bietjie groente-olie tot dit effens verbruin het, skep uit en hou eenkant.
3. In dieselfde pan/pot, braai die uie en knoffel oor matige hitte in olie tot dit sag raak, dit kan tot 10 minute neem.
4. Voeg nou die speserye by en roer goed deur, gevolg deur die hoender, tamaties, hoender-ekstrak en appelkose. Draai die hitte effens op en laat die hele storie gesellig prut vir minstens 30-35 minute, tot die sous begin verdik. (Jy sal nodig hê om die pot of tagine se deksel te lig op ’n stadium, vir dit om te gebeur.)
5. Toets die gereg vir gaarheid en geur, gooi dan die kekerertjies by en laat vir ’n paar minute prut tot hulle goed warm is.
6. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit voor saam met couscous en jogurt.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s