Winter-wonder#31: Geurige sop (met ‘n bietjie skop)

Jeanne:stillewe.com:winter31a
G
ister tref dit my: die winter is (tegnies) amper verby en ek het nog nie een keer ordentlik sop gemaak nie. Sommer pure luiheid, want die hemel weet dit was al koud genoeg daarvoor. En toe die dag vanoggend breek en dis sommer aansienlik kouer as waaraan ons gewoond geraak het die laaste paar dae, besluit ek: vandag is die dag.

Die basiese konsep vir hierdie ene het ek in een van Nigel Slater se boeke raakgelees – hy kook pampoen saam met heel tamaties en botterbone op. Maar ek verkies botterskorsie bo pampoen, en maak tans meer staat op geblikte tamaties, noudat tamaties nie in seisoen is nie. En ek het nie bone in die huis gehad nie, wel ’n blik kekerertjies. Die res het ek aangepas na my smaak – ek was lus vir iets met die matige soetheid van botterskorsie, die effense suurheid van tamatie, en die parmantige skop van brandrissie. Uiteindelik is dit geensins ’n fancy sop nie, maar hy’s geurig en hartlik, gemaak om te deel met vriende of familie, en net wat nodig is om die koue buite te hou.

Botterskorsie-en-tamatiesop
Lewer 4 porsies

Bestanddele:
1 bruin ui, in fyn wiggies gesny
1 groot of 2 klein knoffelhuisies, fyngekap
olyfolie
500 g geskilde botterskorsie, in duimgrootte stukke gesny
4-5 takkies vars tiemie, blare van die stingels gestroop
1 liter groente-ekstrak
sout en swart peper na smaak
1 blik gekapte tamaties
1 klein/matige brandrissie, fyngekap (opsioneel)
1 t suiker
1 t paprika
2 t rooiwyn-asyn
1 blik kekerertjies, vloeistof gedreineer
vars krulblaar-pietersielie, sowat 125 ml, grofweg gekap
brood, om voor te sit

Metode: 
1. Braai die uie en knoffel in ’n diep pan oor matige hitte in sowat 10 ml olyfolie tot deurskynend.
2. Voeg die botterskorsie by en meng goed, gevolg deur die groente-ekstrak.
3. Geur met sout en peper; voeg die tiemie by. Draai die hitte effens op.
4. Laat kook vir 20-25 minute, tot die botterskorsie sag begin raak.
5. Voeg nou die tamaties, brandrissie en die suiker by en laat vir so 5 minute verder kook. (Die brandrissie is opsioneel, maar hy voeg ’n lekker zing by dinge.)
6. Skep sowat die helfte van die mengsel uit in ’n voedselmenger, laat vir so 5 minute staan om effens af te koel, en meng dan versigtig tot lekker glad.
7. Voeg die gladde mengsel terug by die pot en roer deur.
8. Voeg die asyn en paprika by, gevolg deur die kekerertjies. Roer goed en laat vir so 3-5 minute prut tot alles deurgaar is.
9. Voeg die pietersielie by en roer deur net voor jy opskep.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s