Winter-wonder#30: sonskyndae soos vandag!

Jeanne:stillewe.com:winter30
N
ou ja, dis regtig nie moeilik om gemaklik te voel met die winter op ’n dag soos vandag nie. ’n Maksimum van 24? Bring dit, baie dankie. En ek sien sake lyk selfs nog beter in die Boland. Hoera vir windlose, wolklose winterdae!

Op sulke dae is Kaapstad vir my op sy mooiste. Die berg lyk blouer, die fynbos groei groener – alles kry ’n vonkel by. Die Moederstad is oor die algemeen redelik buierig wat haar weerstoestande betref. Die lente is koel en redelik winderig, die somer is warm en onredelik winderig. Herfs bring die mooiste dae, voel ek – soel en sonder die knaende Suidooster. Die winter is lank, koud en nat – maar elke nou en dan kry jy ’n dag soos vandag. ’n Blaaskans, ’n klein geskenkie midde die koue. Verstommend om te sien hoe die Kapenaars uit hul doppe kruip op sulke dae – hoe almal hul gesigte na die son draai, soos blomme. Hoe heerlik.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s