Winter-wonder#28: Die skoonheid van die winter-tuin

Jeanne:stillewe.com:winter28a
Dit het my onlangs getref dat ek ’n totaal verwronge idee van die winter-tuin gehad het. Iewers oor die jare het ek besluit die tuin is hierdie tyd van die jaar lelik. Vaal en leeg. Treurige, kaal bome en takke, dís die prentjie wat by my opkom as ek aan die winter-tuin dink. Liewe aarde, ek kon nie meer verkeerd gewees het nie. Die winter-tuin, besef ek gister, nadat ek bietjie in die erf rondgeloop het om te kyk hoe staan sake, bruis eenvoudig van lewe.

Toegegee, daar ís dele wat effe vaal daar uitsien. Plante of bome wat nou in rus is, soos die vyebome, wat al hul blare afgegooi het, en die rose, wat maar beteuterd lyk ná hul onlangse wintersnoei. Maar dit is vir ’n rede, en dit is waar dit stop – die res is net groenigheid, en baie welig daarby, danksy al die onlangse reën. Die suurlemoenboom (bo) en lemmetjieboom is beide besig om pragtige nuwe blare – en bloeisels! – uit te stoot.

Jeanne:stillewe.com:winter28c
D
ie jong koejawelboom (bo) het, alhoewel hy nog nie hierdie winter ’n oes kon dra nie – ek vermoed hy kort bemesting-hulp laat-somer – het self begin pronk met die mooiste jong blare. Ook die olyfboom het meer lewe begin toon, met die fynste, kleinste wit blommetjies wat verskyn.

Jeanne:stillewe.com:winter28b
I
ntussen het die eerste boerbone hul toetrede gemaak, tot my groot vreugde, ek wag net tot daar meer as ’n handvol is voor ek hulle pluk, stoom en met ’n bietjie suurlemoensap en growwe peper salf.

Jeanne:stillewe.com:winter28dEn laaste, maar nie die minste, het die laventelbos ná maande se stilte skielik, oornag, ontpop met hordes sagte pers blomme. Ek het al begin dink daar skort iets met dié plant, wat (volgens die kruiekenner Margaret Roberts) “sommer sonder rede vrek”. Dankie tog. En dan is daar nog blombolle aan die groei, en talle pronkertjies wat hopelik in September gaan blom.

Ruig en spoedig kom dinge aan, hier in my tuin. Ek weet nie wát ek voorheen gedink het nie. Ek het duidelik teen my neus vasgekyk. Die winter-tuin is pragtig, en bevat reeds die eerste tekens van die naderende lente.

One thought on “Winter-wonder#28: Die skoonheid van die winter-tuin

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s