Winter-wonder#27: Sysagte komberse

Foto van die MaXhosa-reeks via hinterveld.com
Foto van die MaXhosa-reeks via hinterveld.com

Dis nou die tyd om jouself toe te wikkel in sysagte kombers – verkieslik ’n veelkleurige een om die wintervaaltes te troef. Reg deur die winter lê daar orals stapels komberse in ons huis rond – op die sitkamerbank, oor die stoel in my studeerkamer, op die bed. (Ek is nie een vir koud kry nie.) Hoewel al hierdie staatmakers hul werk heel deeglik doen, droom ek lang winter-dagdrome van ’n moderne sybokhaarkombers, veral die pragtige weergawes wat gemaak word deur die plaaslike onderneming Hinterveld (hinterveld.com).

Ek besit eintlik reeds ’n sybokhaarkombers – ’n helder rooi, swart en geel geruite ene wat ek by my ouma geërf het. Maar die ou sybokhaar-komberse is anders, te hard en krapperig na my sin, nie die soort materiaal waaronder jy wil bondel nie. Iewers langs die pad het plaaslike vervaardigers ’n manier gekry om dié trots-Suid-Afrikaanse produk anders te weef. Dis nou droomsag en kom voor in die allermooiste kleure, asook moderne ontwerpe, soos jy sal sien op Hinterveld se webwerf.

Daar is selfs, het ek ’n jaar of wat gelede by ’n media-bekendstelling van Mohair SA gesien, ’n amper fluweel-agtige materiaal wat van sybokhaar gemaak word, iets wat in die dekorbedryf bemark word as as goeie keuse om meubels oor te trek. Dit hou blykbaar baie beter as fluweel en vlek nie maklik nie. Ek kon nog nie ’n plaaslike verskaffer opspoor nie maar ek hou van die idee – hier hang ’n hartseer  tweesitplek-bankie in die huis rond wat net wag om in poublou, wynrooi of bottelgroen sybokhaar-fluweel oorgetrek te word …

Intussen spaar ek vir my Hinterveld-kombers, spesifiek een uit die mooie MaXhosa-reeks. Dis nie goedkoop nie, maar dan, dis 100% plaaslik vervaardig. Buitendien is sybokhaar baie duursaam, so dit behoort jare en jare te hou. Soortvan die Le Creuset van komberse, reken ek. En ’n wonderlike tegenvoeter teen die winter.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s