Winter-wonder#25: wafels en roomys!

jeanne:stillewe.com:winter25Die winter is my gunsteling-tyd om wafels en roomys te geniet. (Nie dat ek in die somer my neus daarvoor sal optrek nie, maar ek gaan dit nie spesiaal opsoek nie.) Daar is net iets omtrent dié plesierige poeding op ’n koue dag. Die wyse waarop die roomys so salig-sag al oor die warm wafel begin smelt … Dis so verwelkomend, en verwarmend. Net die ding om ’n yskoue wintersmiddag op te kikker – veral een waar ’n triestige Suidooster ook teenwoordig is.

Vanmiddag het ons, vir ’n blaaskans so driekwart deur die werksdag, ’n draai by The Creamery Café in Soutrivier gemaak. Liewe aarde, maar hulle het wonderlike roomys-geure. Suurlemoen-kaaskoek, kardemom-rooswater-en-malvalekker, gesoute karamel, Rosetta koffie, donker sjokolade … Gaaf genoeg laat die mense daar jou toe om eers ’n geur of twee te proe voor jy kies.

Ek het ’n skep elk van die gesoute karamel en “sweet cream” geure op my wafel bestel, my wederhelf het volstaan met grondboondjiebotter en 70% sjokolade. Wat ’n bederf. Gróót skeppe roomys, voorgesit op ’n krakerige, vuurwarm wafel. Heerlik smul ons, en bak soos dassies in die laatmiddagson wat deur die Westelike vensters stroom. Hemels.

As jy nog nie The Creamery ken nie – hulle maak van die beste roomys denkbaar (thecreamery.co.za). Daar’s ook ’n kafee in Nuweland. Die geure verander dikwels en jy kan ook 500 ml bakkies koop om huistoe te neem. Daar’s nou vir jou ’n idee. Dalk moet ek ’n paar geure gaan aanskaf en dan ons wafelpan hier by die huis begin inspan. Die winter is immers nog lank nie verby nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s