Winter-wonder#24: Suurlemoentee teen die (ver)koue

Jeanne:stillewe.com:winter24
O
or die afgelope maande het ek in die gewoonte gekom om soggens ’n koppie suurlemoentee te geniet. Dink aan iets soos Med-Lemon, behalwe dat dit net natuurlike bestanddele bevat. Dis regtig maklik om te maak – basies ’n mengsel van vars suurlemoensap, heuning en kookwater – maar die voordele is groot. Buiten die heerlike smaak (verbeeld jou ’n warm, geurige, soetsuur-drankie) is dit ook effens van ’n gesondheidsbom, en die rede (vermoed ek) waarom ek hierdie winter nog nie eers die geringste kuggie gehad het nie.

Bestanddele:
(Lewer 1 koppie)
Die sap van ’n halwe suurlemoen
1 t heuning (of meer na smaak)
2 takkies suurlemoentiemie
2 repies vars gemmer, geskil

Metode:
Plaas die sap in ’n koppie en vul met kookwater. Voeg die heuning by en roer tot opgelos. Voeg die tiemie en gemmer by en laat staan vir sowat 1 minuut sodat die geure kan meng. Gesondheid!

As jy motivering nodig het: Suurlemoen is propvol vitamine C, maar dit dra ook by tot goeie spysvertering. Heuning is ’n uitstekende bron van energie en het anti-inflammatoriese eienskappe. Gemmer het verstommend baie goeie eienskappe – onder meer verlaag dit jou risiko op infeksies. Op sy beurt is die nederige tiemieplant ryk aan vitamines C en A, wat jou imuunstelsel ondersteun en beskerm teen siektes soos verkoue. Werklik, dit kan net help.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s