Winter-wonder#23: die wonder van ’n warm bad

Foto via theenglishhome.co.uk
Foto via theenglishhome.co.uk

“Let us, weary Reader, reconsider the mystical properties of the Bath,” vra die skrywer Sarah Ban Breathnach. Ek, vir een, het geen oortuiging nodig hie – veral nie op ’n ysige wintersaand nie.

Voor ons verder gaan: die foto bo is, amper nodeloos om te sê, nie van my eie badkamer nie. Dis wel min of meer my idee van ’n droom badkamer. ’n Mooi, losstaande bad, houtvloere, ’n kaggel (!) en hope natuurlike lig wat inkom deur dubbelglasdeure wat uitloop op ’n enorme Engelse kruietuin. (Mens moet kan droom.) Dis ’n eendag-as-ek-groot-is-badkamer, verstaan?

Terug in die werklikheid, werk ons huidige badkamer heel goed. Mens het nie ’n fancy bad nodig om die wonderlik helende uitwerking van ’n warm bad te beleef nie. Omtrent 99% van die jaar is ek ’n stort-mens – ek kan nie help om effens skuldig te voel oor al daardie liters en liters drinkbare water waarin mens so lê en stoom nie. Maar ’n paar keer ’n jaar, gewoonlik mid-wintersaande wanneer ek op ’n punt besef ek kan nie meer my tone voel nie, word daar ’n behoorlike bad getap. Met badskuime en olies. Met kerse. Met vermaaklike leesstof, en dalk selfs ietsie om te drink.

Dis ’n geleentheid. Een waarvoor ek groot waardering het, want daar is min dinge so salig en behaaglik in hierdie lewe, en in die winter, as om in diep, warm, geurige bad weg te sak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s