Winter-wonder#22: die stil plesier van die kaggelvuur

Jeanne:stillewe.com:winter22
“There is no place more delightful than one’s own fireplace,” het die Romeinse filosoof Cicero gesê, en ek kan nie anders as om saam te stem nie. Die kaggelvuur is sekerlik een van die winter se grootste vreugdes.

 Aande lank se sit voor die kaggel, met ’n boek in die een hand en ’n glas wyn in die ander, die TV vergete. Die sagte geknetter van die vuur, die welkome hitte wat stadig in die gang af dryf en die res van die huis verhit, stil-stil … wat ’n plesier, wat ’n voorreg. Buiten vir koue naweeksdae brand ons vuurtjie eintlik net saans; so gou soos die son sak en die koue onkeerbaar oor die Kaap neerdaal, so gou word die eerste stukkies hout aangesteek.

Maar soms, soos vandag, wanneer dit darem buitengewoon koud voel, maak ons ’n uitsondering, en dan begin die kaggelvuur reeds vroegdag gesels. Dan roep ek my sonlose studeerkamer vaarwel en skuif met ’n dankbare hart na die woonkamer om daar te gaan werk. Selfs werk voel beter in ’n kaggel se vrolike geselskap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s