Winter-wonder#21: peulgroente in die wintertuin

Jeanne:stillewe.com:winter21
Een van die mees bevredigende dinge van die wintertuin is om peulgroente te plant en te sien opkom – ertjies en boontjies, spesifiek boerbone. Buiten die feit dat hierdie van my gunsteling-groente is as dit kom by die eetslag, is dit ook van die mooiste plante in die groentetuin.

Jeanne:stillewe.com:winter21bEk is mal oor die ertjies se rankerige houding, en die fyn stingels wat hulle uitstuur om aan enigiets in die nabyheid vat-vat te kry vir ankerplek. Ek vrek oor die sagte groen kleur van die blare, die skugter wit blomme en, natuurlik, die ertjies self, so kompak in hul peule, so soet en intens groen in smaak as jy dit rou en van die plant af eet – ligjare verwyderd van bevrore winkelertjies.

Die boerboon (foto bo, broad beans in Engels, ook bekend as fava beans) het ek verlede jaar vir die eerste keer geplant, net ’n paar plante, meer uit nuuskierigheid as enigiets anders, en dit was absoluut die moeite werd. Die smaak van die pragtige groot groen bone, gestoom, uit hul skille gedop, met ’n paar druppels olyfolie en bietjie sout en peper … dis iets om te beleef. En soos met die ertjie is dit ook ’n aantreklike plant, ’n robuuste plant wat sterk en hoog groei en die mooiste klein swart-en-wit orgidee-agtige blommetjies maak voor die peule daaruit voortspruit.

Vanjaar het ek drie groot plantbokse vol met omtrent 18 individuele boerboon-plante aan die groei, en ek kan nie wag vir oestyd om aan te breek nie … daardie oomblik verdien ’n winter-wonder op sy eie, dink ek.
Gaaf en aanwaarts.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s