Winterwonder#19: Winter-vakansies (in die wildtuin)

Jeanne:stillewe.com:winter19b
Ek weet nie of dit vir ander families ook so is nie, maar ek het grootgeword met die idee dat die wintervakansie bedoel is om wildtuin toe te gaan. Desember mik jy see toe, Junie is vir die wildtuin. Dis natuurlik nie elke jaar se ding nie, want dis ’n duur en redelik moeisame uittog. Maar o, so die moeite werd.

Jeanne:stillewe.com:winter19cSopas is ons terug van ’n twee weke-lange wegbreek saam met vriende na sonnige Namibië. Ons het kuier-kuier opgery na Etosha, ’n hele paar dae daar gebly, en toe rustig afgery met ’n stop by Swakopmund, Sossusvlei en die Visriviercanyon. Etosha was beslis ’n hoogtepunt. Ek is verstom oor die hoeveelheid wild wat ons daar gesien het – troppe en troppe olifante, leeus en selfs klompe renosters (’n verblydende ervaring, gegewe Afrika se huidige ivoor-slagting).

Terug by die huis is ek diep onder die indruk van dié land: die eindelose stilte en spasie, die vriendelike mense, die ryk wildlewe, die verstommende natuurskoon. Die lekker winterweer is natuurlik ook nie te versmaaie nie…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s