Winter-wonder#18: vrolike, wollerige handskoene

Gloves Ek weet wat jy dink. Handskoene? En dan nog ook die gebreide soort? Nie vreeslik opwindend nie. Effens outyds, self … Maar sedert ek van die huis af werk, in ’n vertrek wat vir ’n groot deel van die dag nie veel winterson kry nie, het ek ’n gesonde waardering vir dié vrolike winter-bykomstigheid ontwikkel. Dis nou nie ’n deftige winterstewel, of ’n elegante woljas, of ’n spoggerige serp nie, maar die handskoen het beslis sy plek. Want daar kom ’n tyd in die dag wanneer koue vingers net nie meer lekker op ’n sleutelbord wil beweeg nie. En dan’s daar wintersoggende, wanneer selfs die kar sukkel om aan die gang te kom, dan wil jy nie sukkel met half-verkluimde vingers wat nie lekker kan vatkry aan die stuurwiel nie. En wat van langpadreise deur die Karoo of Namibië in die wintervakansie, wanneer die temperature vroegoggend veeeeer suid gaan draai? Dan’s die handskoen ’n ware noodsaaklikheid. Plus, vergeet vir ’n oomblik van die praktiese oorwegings. Hulle is dan so lekker kleurvol. Heel handig om ’n grou wintersdag op te helder, voel ek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s