Winter-wonder#16: die soete plesier van die Clemengold

jeanne:stillewe.com:clemengoldsJy moet ’n rukkie wag vir die Clemengold om in seisoen te kom. Dit smaak my hulle is eers van laat-Junie op die rakke, hier wanneer dit al diep winter is. Maar o, wanneer hulle eers arriveer, wat ’n plesier is dit nie.

Dis nie nodig om vreeslik uit te brei oor hierdie klein wonderwerk nie, dink ek. Daar is seker vreeslik baie resepte wat dié vrug aanwend, slaaie en souse en strope ensomeer, maar ek voel dat hy net so op sy eie geniet moet word om die heerlike, stroopsoet naartjieheid in al sy glorie te beleef. Vir ’n glas vars uitgedrukte  Clemengold-sap sal ek egter ook nie nee sê nie, as jy dan nou in ’n spandabelrige bui is. Op die amptelike webwef lees ek die vrug kom oorspronklik van Marokko, waar die Nadorcott-sitrusvariëteit die eerste keer geplant is. Geen wonder dit het so ’n eksotiese karakter nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s