Winter-wonder#15: wintersonstilstand; die begin van iets nuuts

seedling1
So draai die seisoene, stadig maar seker. In my tuin begin die eerste saailinge wat in lente vrugte gaan afwerp, hul koppies deur die grond steek. Dis nou middel-winter. Wintersonstilstand in die Suidelike halfrond. Of, om die mooi Engelse frase te gebruik, winter solstice. Die langste nag van die jaar. Skryf jy die woorde só neer, klink dit nogals onheilspellend. Die langste nag – al daardie donker ure.

Tog is dit een van my gunsteling oomblikke van winter. Want die langste nag dra ook die belofte van die langste nagrus. Ek hou van die idee van so baie rustyd. Soveel salige ure van slaap en stilte. En ek hou van wat die nag simboliseer: die natuur, wat in die winter in rus gaan, begin van nou af geleidelik ontwaak en gereed maak vir lente en somer.

Die skrywer Ark Redwood – ’n filosofiese tuinier en skrywer, as ek hom moet opsom – stel dit mooi: “This is the time to be still, and to reflect; it is the yin of the year. Winter offers us the opportunity to slow down, to walk with ease and unhurried intent. (The winter solstice) is truly a significant time of year … Nature is holding her breath, awaiting the signal – of the sun’s imminent return.”

Daar wag nog behoorlike winterweer op ons, dit weet ek. Maar die saadjie van somer is reeds hier, en dit is iets om te vier.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s