Winter-wonder#14: Limoncello

Jeanne:stillewe:com:winter14
’n Paar jaar gelede het ek vir die eerste keer die wonder van Limoncello teëgekom, en sedertdien probeer ek altyd ’n klein bottel van dié wonderlike suurlemoen-drankie in die kas hou, want die soet, intense suurlemoen-skop is net wat nodig is om enige winterbloutes te verdryf. (Daar is natuurlik geen rede om nie ’n klein, yskoue glasie in die somer te geniet nie …)

Limoncello word tradisioneel ná ete bedien in Italië en val iewers tussen ’n digestif en ’n dessert-likeur. Hoewel dit deesdae wyd beskikbaar is in plaaslike drankwinkels, het ek vanjaar besluit om self ’n brousel te maak en te kyk wat gebeur. Die resep kom uit die handige boek Home Brew deur Doug Rouxel en Sara Paston-Williams, en is baie eenvoudig. (En daar is héélwat anders resepte op die interwebs.) Ek gaan dit egter nog nie hier deel nie om die eenvoudige rede dat ek – anders as met my gewone resepte waar die resultate dadelik sig- en proebaar is – nog nie weet of dit gewerk het nie! Dit moet eers vier weke rus, en dan sal ek sien of die bottel reg gesteriliseer is, en al die bestanddele mekaar mooi gevind het … Maar dit is, soos lente, iets om na uit te sien. Kan nie wag nie!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s