Winterwonder#12: Tuisgemaakte, geurige Chai-tee

Jeanne:stillewe.com:winter12
C
hai-tee is een van my gunsteling winterwarm-drankies. Al daardie Oosterse geure: kardemom, steranys, gemmer … dis die ideale teenvoeter vir ’n grou Maandag. Veral as jy dit self maak. Jy kan natuurlik Chai-tee koop – die gewone sakkies tee of die poeier soort – maar die sakkies bevat meestal swart tee, waaroor ek nie mal is nie, en die poeiersoort bevat soms ’n paar duistere bestanddele, plus dit het dikwels ’n skerp swartpeper-smaak. My weergawe gebruik rooibos en ’n hele handvol speserye, almal van hulle geredelik beskikbaar.

Lewer sowat 250 ml
300 ml water
die blare van 2 sakkies rooibostee (of Engelse tee)
2 naeltjies
1 steranys-peul
1 kaneelstokkie
1 dun reep vars gemmer van so 4 cm lank (geskil)
knypie gerasperde/fyngemaalde neutmuskaat
2 kardemomsade, gekneus
125 ml volroommelk
bruinsuiker, na smaak

Metode: 
1. Plaas die water, die tee en die speserye in ’n pot op die stoof en laat liggies kook vir so 10 minute. Dis in die haak as die water bietjie wegkook, jy wil hê die konsentrasie moet sterk wees. En hoe langer dit kook, hoe sterkter die geur.
2. Wanneer die mengsel mooi rooi is en die geure duidelik opslaan, kan jy die tee van die stoof verwyder en deur ’n fyn sif gooi.
3. Verhit die melk tot kookpunt. As jy enige toerusting het om dit te laat skuim, gaaf, dit dra by tot die algemene vreugde.
4. Gooi die koppie so twee derdes vol tee en vul met warm, skuimerige melk.
5. Roer bruinsuiker by na smaak en geniet!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s