Winter-wonder#10: Vurige kerrie teen die koue

Jeanne:stillewe.com:winterkerrie1
Ek sal nooit nee sê vir ’n lekker kerrie nie, maar ek is veral mal daaroor in die winter. Dis al daardie eksotiese speserye (komyn, koljander, kardemom); dis die hitsige skop van die brandrissie wat die koue verdryf (en allerhande goedvoel-chemiese reaksies in jou brein ontketting) … dit voel vir my kerrie is gemáák vir die winter. Onlangs het ek ’n lekker geurige resep aanmekaar gesit, een wat staatmaak op eerste beginsels, maar jou nie ure voor die stoof gaan besig hou nie.

Geurige hoenderkerrie
Lewer sowat 5 porsies

Bestanddele: 
1 bruin ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
2.5 cm stuk vars gemmer, gerasper of fyngekap
1 t gemaalde komyn
1 t gemaalde koljander
1 t borrie
1 t medium rissiepoeier
1 klein rooi brandrissie, gekap (opsioneel)
1 t sout
1 T tamatiepasta
sowat 450 g ontbeende hoenderdye, in 3 cm stukkies gesny*
1 blikkie klappermelk
1 blikkie gekapte tamaties
2 k los vars groente (na smaak, opsioneel)
vars lemmetjiesap ( ’n halwe lemmetjie sal genoeg wees)
vars koljander, om te garneer
basmatirys, om voor te sit

Metode:
1. Braai die uie, knoffel en gemmer baie stadig oor medium hitte in so 2-3 E olyfolie tot lekker sag en deurskynend.
2. Voeg nou die speserye by en braai vir so 2 minute.
3. Voeg die tamatiepasta en hoender by en braai vir ’n paar minute, totdat die hoender bietjie kleur begin kry.
4. Voeg die klappermelk en tamaties by; draai die hitte effens op.
5. Op hierdie stadium gooi ek ’n paar handevol vars groente by – soos baba-wortels, boontjies, gekapte langsteelbroccoli, baba-mielies, ens. Dit val dalk nie in almal se smaak nie maar ek geniet die kerriegeur wat die groente so kry, plus dis een skottel minder om later te was.
6. Laat alles nou vrolik prut vir 15-20 minute, tot die sous begin verdik en die groente sagter begin raak.
7. Draai die hitte af, voeg die lemmetjiesap by en roer deur – dit gee net so ’n effense suur tintel aan die hele storie.
8. Sit voor saam met basmatirys en handevol vars koljander.
9. Geniet saam met ’n geurige glas chenin blanc.

* Ontbeende hoenderborsies werk ook, en is immers goedkoper, maar ek is nie lief vir hoe maklik dié snit van vleis droog/taai kook nie. Die sous sal ook baie goed werk as basis vir ’n viskerrie – dan sou ek ’n skeut vissous bygooi en ook ’n titsel meer lemmetjiesap.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s