Winter-wonder#9: ’n warm, romerige ontbyt op ’n koue oggend

Jeanne:stillewe.com:winter9aWel, die sonnige toestande kon nie vir ewig gehou het nie. Die dag begroet ons met koel, bewolkte weer en ’n redelike kans op reën, selfs donderweer. En op sulke dae vra die lyf vir ’n warm en vertroostende ontbyt, dan nie? Maar dalk wel iets met ’n effens alternatiewe klap weg …

Jeanne:stillewe.com:winter9cDaar’s darem net min dinge so vertroostend soos ’n warm, romerige bak oatspap. Niks om oor opgewonde te raak nie, meen jy dalk. Ja, dit is seker vreeslik gewoon. Maar op ’n koue wintersdag doen dit soveel meer vir my gemoed – en energievlakke – as ’n vaal bakkie pronutro. Veral as jy dit bietjie begin optert met kaneel ( ’n onmiddellike teengif vir enige winterbloutes) en heuning, en dalk selfs ’n bietjie tuisgemaakte amandelmelk, soos wat ek hier gebruik.

Ek het sowat ’n jaar gelede begin om my eie amandelmelk te maak, toe ek opsoek was na ’n plaasvervanger vir melk – onder die indruk dat suiwel die oorsaak was van ’n langdurige gesondheidskwaal. Intussen het ek besef suiwel is nie die probleem nie, maar die amandelmelk is so ’n plesier dat ek dit steeds gereeld maak. Die resep is eenvoudig, die resultaat eindeloos beter as die waterige amandelmelk (eerder: amandelgegeurde drankies) wat mens in die winkels kry.

Metode: Lewer sowat 1 k melk
Laat ’n halwe koppie amandels oornag in water week in die yskas. Die volgende oggend gooi jy die water af, en gooi dan die neute saam met 1 k water in ’n voedselmenger. Meng tot die neute fyngemaal en die vloeistof melkerig wit is. Gooi nou by: 1 knippie sout, 1 knippie suiker en so 3 druppels vanielje (opsioneel). Meng weer vir sowat 20 sekodes. Gooi nou die mengsel deur ’n sif – die eindresultaat, die melk, hou vir sowat 5 dae in die yskas. (Die oorblywende neute kan jy aanwend in gebak wat vra vir gemaalde amandels; dit vries ook goed vir later se gebruik.)

* Dit klink dalk na baie moeite vir min uitset. Neem in ag die melk is nogals ryk, so jy sal net klein bietjies daarvan op ’n slag gebruik. Ek kook die hawermout eers met water en roer die amandelmelk aan die einde by vir geur.

** Dit val my nou by dat gestoofde wintervrugte – pere in kaneel, byvoorbeeld – hierdie ontbyt tot iets besonders kan verhef …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s