Winter-wonder #8: skemerdrankies teen die koue

Jeanne:stillewe.com:winterwonter8Nie, moet ek in alle eerlikheid erken, dat dit hoegenaamd koud was in die Kaap vandag nie. Die mooiste weer wat ons het, die afgelope twee dae: sonnig en windloos. Maar nietemin, daar is iets te sê vir ’n skemerdrankie op ’n kil wintersaand.

Die drankie in die foto hier bo is ’n alternatiewe weergawe van daardie klassieke Italiaanse drankie die Negroni, wat bestaan uit gelyke hoeveelhede (30 ml om presies te wees) jenever (gin), Campari en soet vermoet (sweet vermouth) met ’n krul lemoenskil en heelwat ys. Die negroni is nie ’n katjie wat sonder handskoene aangepak moet word nie – dis besonder sterk, en die Campari verleen daaraan ’n redelike bitter karakter. Maar ek voel dit werk baie goed as ’n winter-skemerdrankie, waarskynlik omdat dit so ’n speseryagtige persoonlikheid het. Boonop is dit hierdie week Negroni-week, lig ’n mede entoesias my vroeër vandag in. By die huis gekom besef ek egter dat die gin lankal op is, so hoe nou?

Daar kom die handige weberf liquor.com tot my redding met hul resep vir ’n Tegroni – waar die gin met tequila vervang word. (Tequila het ek altyd in die huis, want mens weet nooit wanneer jy ’n margarita gaan nodig hê nie.) Ek het ook die Campari met Aperol vervang, want laasgenoemde het minder as die helfte van die alkoholinhoud van Campari, en ek het nog dinge wat ek wil doen vanaand. Soos kosmaak. En ek het die webwerf se aanbeveling gevolg vir ’n skyfie pomelo (plus ’n paar druppels van die sap) in plaas van die tradisionele lemoen, want ek het nou maar eenmaal ’n swakte vir die rooi pomelo met sy pragtige kleur en geur.

Tegroni – lewer 1 drankie
30 ml tequila
30 ml Aperol
30 ml soet vermoet (Cinzano, byvoorbeeld)
halwe skyfie pomelo (met skil)

Metode: Meng die eerste drie bestanddele in ’n kort glas en vul met ys. Voeg die pomelo by, gevolg deur ’n bietjie van die sap, na smaak, en roer. Geniet op ’n verantwoordelike wyse – hierdie drankie sal vir jou ore aansit. Gaaf en aanwaarts.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s