Winter-wonder 7: Gesiggies om ’n vaal tuin op te vrolik

Jeanne:stillewe.com:winter7aEk weet nie van ander mense nie, maar my tuin lyk soms maar vaal en effens verlate hier aan die begin van die winter. Dis nie dat daar nie dinge groei nie – die ertjies, boerbone en ’n hele ander rits winter- en lentegroente is kliphard besig om te ontkiem of rank. Maar terwyl ek wag vir die klein plantjies om lyf te kry, is daar ’n hele klomp leë plekke in die tuin.

Die afgelope naweek het ek besluit: dit sal darem nie deug nie. As mens deur die winter wil kom, gaan jy ’n bietjie kleur nodig hê. (Dis immers nog maande voor die blombolle regtig begin blom, en die pronkertjies het ook nog baie tyd nodig.) Toe sit ek af kwekery toe vir ’n armvol gesiggies.

Jeanne:stillewe.com:winter7b
Gesiggies is een van my gunsteling- winterplante. Nie net is hulle vreeslik vrolik en kleurvol nie, hulle is ook bekostigbaar en baie gehard. Die koudste van koue winterweer maak aan hulle niks nie, trouens, dit voel vir my hoe kouer dit buite, hoe vinniger plant hulle voort. Al wat hulle nodig het is genoeg water, ’n bietjie bemesting so nou en dan, en ruimte om uit te brei. En uitbrei, dit sal hulle. Hier teen September sit ek gewoonlik met plate van hulle, soos hulle (amper in die styl van ’n grondbedekker) vermeerder om klein veldjies van plante te maak, met die hordes vrolike blomme wat die son met hul gesiggies volg. Ondanks sy geneigdheid om te versprei, aard die plantjies ook baie goed in potte en houers – dus ’n goeie roep vir ’n balkontuin.

Die eindresultaat kan nie anders as om ’n mens se gemoed te lig nie. Die plante laat my altyd dink aan die tonele uit Alice in Wonderland – dit voel regtig of die blomme vir mens loer. Soos te sien in die foto bo, van ’n gesiggie wat ek reeds vroeër die seisoen tussen die ertjies en die boerbone geplant het. Kyk net hoe kiertsregop en paraat staan hy daar vir sy fotogeleentheid.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s