Dis nie moeilik om die winter te geniet op dae soos vandag nie. Helder blou lug, ’n dapper son, nie die geringste windjie wat roer nie. Kraakvars en blink soos ’n Granny Smith-appel. Prentjiemooi, veral in Stellenbosch se wynlande, waar ons die naweek ’n draai gemaak het om bietjie wyn te proe. Ek vergeet dit soms, maar elke nou en dan besef ek net weer: ons bly in die mooiste, mooiste land.
