Winter-wonder #5: sonskyn in ’n glas

Jeanne:stillewe.com:winter5c
Die foto spreek vanself, voel ek. Geen lang verklarings hier nodig nie. Een van die groot vreugdes van winter is die heerlike sitrus wat orals beskikbaar is, spesifiek soet en sappige lemoene. ’n Rukkie gelede het my pa vir ons vir Kersfees ’n klein, elektriese sap-uitdrukker geskenk gegee. Wat ’n plesier – hy werk soos ’n bom en is een van my gunsteling toestelle in die huis. Eintlik gebruik ons hom net vir hierdie paar maande van behoorlike winter, want die lemoene die res van die jaar proe vir my net nie dieselfde nie. Dis minder soet, die sap het minder kleur en veel minder geur. Hierdie tyd van die jaar, dís wanneer jy die beste lemoene en dus die beste sap kry. Dis pure bederf op ’n koue wintersoggend, en proe vir my na sonskyn in ’n glas. Wat sap betref, ken dit geen gelyke nie. (Wel, dis nou tot daardie klein sitrus-wonderwerk, die clemengold, later vanjaar in seisoen kom …) Aanwaarts.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s