Winter-wonder#15: wintersonstilstand; die begin van iets nuuts

seedling1
So draai die seisoene, stadig maar seker. In my tuin begin die eerste saailinge wat in lente vrugte gaan afwerp, hul koppies deur die grond steek. Dis nou middel-winter. Wintersonstilstand in die Suidelike halfrond. Of, om die mooi Engelse frase te gebruik, winter solstice. Die langste nag van die jaar. Skryf jy die woorde só neer, klink dit nogals onheilspellend. Die langste nag – al daardie donker ure.

Continue reading

Winter-wonder#14: Limoncello

Jeanne:stillewe:com:winter14
’n Paar jaar gelede het ek vir die eerste keer die wonder van Limoncello teëgekom, en sedertdien probeer ek altyd ’n klein bottel van dié wonderlike suurlemoen-drankie in die kas hou, want die soet, intense suurlemoen-skop is net wat nodig is om enige winterbloutes te verdryf. (Daar is natuurlik geen rede om nie ’n klein, yskoue glasie in die somer te geniet nie …)

Continue reading

Winterwonder#13: warm winterslaai

Jeanne:stillewe.com:winterwonder13
Met hierdie slaai het ek bybedoelings. Ja, dit is ’n smaaklike gedoente. Die geroosterde botterskorsie, soetpatat en tamatie kom al te goed oor die weg en die blomkool kry behoorlik karakter danksy ’n titsel komyn. Dis vir my ’n mooi bord kos, en dan nog vol vertroostende geure.

Maar eintlik, eintlik, maak ek hierdie slaai in ’n doelbewuste poging om gesonder te eet in die winter. Want die winter-munchies is ’n vreeslike ding. Verbeel mens jou dit net, of is dit regtig so dat jou lyf vra vir meer, ryker en swaarder kos in die winter? Al waarna ek smag is pasta. En brood. En koek. En beskuit en pannekoek en warm poedings en allerande dinge wat heerlik en min of meer aanvaarbaar is in beperkte hoeveelhede, maar nie so goed werk as dit AL is wat jy die heeltyd wil eet nie.

So die slaai is my poging tot ’n gesonde winter-middagete, om die skaal so bietjie te balanseer, as’t ware. Gelukkig is dit regtig lekker, en vullend. (Die gevaar is natuurlik dat dit só gesond voel dat jy ná die tyd besluit: maar nou verdien ek mos poeding! Amper soos daai onbesonne gedagte wat jy kry as jy klaar gegym het: nou mag ek myself mos bederf! Ai tog. Of is dit net ek?)
Continue reading

Winterwonder#12: Tuisgemaakte, geurige Chai-tee

Jeanne:stillewe.com:winter12
C
hai-tee is een van my gunsteling winterwarm-drankies. Al daardie Oosterse geure: kardemom, steranys, gemmer … dis die ideale teenvoeter vir ’n grou Maandag. Veral as jy dit self maak. Jy kan natuurlik Chai-tee koop – die gewone sakkies tee of die poeier soort – maar die sakkies bevat meestal swart tee, waaroor ek nie mal is nie, en die poeiersoort bevat soms ’n paar duistere bestanddele, plus dit het dikwels ’n skerp swartpeper-smaak. My weergawe gebruik rooibos en ’n hele handvol speserye, almal van hulle geredelik beskikbaar.

Continue reading

Winter-wonder#10: Vurige kerrie teen die koue

Jeanne:stillewe.com:winterkerrie1
Ek sal nooit nee sê vir ’n lekker kerrie nie, maar ek is veral mal daaroor in die winter. Dis al daardie eksotiese speserye (komyn, koljander, kardemom); dis die hitsige skop van die brandrissie wat die koue verdryf (en allerhande goedvoel-chemiese reaksies in jou brein ontketting) … dit voel vir my kerrie is gemáák vir die winter. Onlangs het ek ’n lekker geurige resep aanmekaar gesit, een wat staatmaak op eerste beginsels, maar jou nie ure voor die stoof gaan besig hou nie.

Continue reading