Avonture in die herfstuin

Jeanne Calitz:stillewe:herfstuin4Danksy die heerlike herfsweer van die afgelope ruk, en met die idee om soveel as moontlik van hierdie matige sonskyndae in die buitelug te geniet, het ek heelwat tyd in die tuin deurgebring oor die laaste week of so.

Jeanne Calitz:stillewe:herfstuin
Ook goed so, want daar is/was baie om te doen. Herfs beteken gereedmaak: vir die winter wat oppad is, vir die lente wat daarop volg. So dis tyd om blombolle te plant; om gesiggies in te werk orals waar daar ’n gaatjie is, sodat jy iets vroliks het om na te kyk in die winter; om pronkertjie-saadjies te saai wat hopelik in September gaan blom.

Jeanne Calitz:stillewe:herfstuin3
Tyd, ook, vir groente en kruie wat mens tipies in die winter en vroeg-lente wil geniet. Reeds gesaai en geplant is my ertjies en boerbone. Binnekort sal die saadjies vir die reënboog-wortels en -beet ontkiem en uitgeplant word, en dan moet ek nog iewers plek vind in die tuin vir die pers Chinese blomkool-plante, want hoewel hierdie erfenis-saadjie klein begin, weet ek uit ervaring dat alle lede van die blomkool- en broccoli-familie besonder groot word en baie plek opneem.

Ook geplant, vir die eerste keer in my klein stadstuin, is die Viëtnamese koljander, voor in die foto bo. Wat ’n fantastiese krui is dit nie! My gunsteling-ontdekking van die afgelope ruk. Enigiemand met ’n liefde vir koljander sal hierdie ene waardeer, siende die geurnote ’n wonderlik vars kombinasie van koljander en basilie bied. Dis ideaal vir Asiatiese geregte en ek kan nie wag om in die koue maande met ’n paar witwarm Oosterse disse te ekpserimenteer nie. Regs van die koljander is goue oreganum; wat weer lekker vir winter-geregte soos bredies en geroosterde kosse, so ek voorsien om heelwat daarvan te gebruik.

Regtig, ek is in my noppies met die afgelope paar dae se werk. Die ranonkels-bolle is almal geplant, so-ook die narcissus, om nie te praat van handevol pronkertjie-saadjies nie. In my agterkop het die besef begin aanklop dat ek seker iewers sal moet begin halt roep, want hier is regtig net soveel plantplek. Maar nou ja, toe spoor ek vandag uiteindelik ’n pak affodil-blombolle op. En lente is net nie lente sonder affodille nie … Ag wat, iewers sal daar sekerlik nog ’n gaatjie wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s