‘n Vuurpyl in die tuin

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl2
Daar is min dinge waarop ek regtig kan staatmaak as tuinier – my aanslag is waarskynlik te onwetenskaplik en ontspanne vir gewaarborgde resultate. Maar die een ding wat ek wel kan vertrou, is die enkele Vuurpyl (Kniphofia praecox) in die tuin.

Wel, in ’n pot, om eerlik te wees, en een wat te klein is daarby, wat beteken dat ek binnekort ’n manier gaan moet kry om hom uit sy terracotta-blyplek te verhuis. Maar ondanks sy beperkte groeispasie, blom dié lieflike inheemse plant klokslag. Nie gereeld nie, verstaan. Inteendeel, my kleine vuurpyl blom net een keer per jaar, en dan ook nie vir vreeslik lank nie – maar sy blomme verskyn altyd iewers tussen middel-Maart en vroeg April. Dan weet ek: dis Herfs. By gebrek aan die soort bome in die tuin wat die verandering van die seisoene met hul blare aankondig, hou ek my oog op die vuurpyl, met sy elegante, lang stingels en die massas klein pypvormige blommetjies.

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl3
Staaaaaadig verklap die blomme die weer se draai; verander hul kleur van vaalgroen, na ligte bruin, na sagte oranje en dan, uiteindelik, die pragtige skel-oranje wat aan die plant sy naam gee. Geleidelik word die blomkop ook groter, met die individuele blomme wat losser begin sit en mettertyd van onder af boontoe begin geel raak en verlep. En dan is die vuurpyl se kort pronktyd weer verby.

Tot volgende jaar, dus.

Jeanne Calitz:stillewe:vuurpyl

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s