Oor impulsiewe plant-inkopies

Jeanne Calitz:stillewe:winterplante
So, danksy die onvoorspelbare vryheid van die lewe as vryskut-joernalis, kon ek vandag die meeste van my tyd in die tuin deurbring. (Dit klink dalk wonderlik – as tuinmaak jou ding is – tot jy die sommetje maak en besef een weeksdag se plesierige tuinmaak is ook een volle dag wat jy nie verdien nie. Maar wat, geld is nie alles nie.)

En ek moet erken, dit was wel ’n héérlike dag. Dinge het begin met ’n besoek aan die kwekery, waar ek eintlik net sakke potgrond en ’n paar winter-blombolle en pronkertjes wou koop … Toe ruk sake oudergewoonte handuit, en is ek daar weg met BAIE meer groen goed as waarvoor ek plek het.

Die buit het ingesluit:
– 2 nuwe fynbos-plante. (Ek gaan dapper voort met my fynbos-pogings, ondanks oorweldigende bewyse dat hulle geen erg het aan my fynbos-bedding, aka die plantbak op ons dek, nie.)
– 12 ertjieplantjies
– 12 boerboon-plantjies
– 12 magrietjies (hulle is veronderstel om die peste en plae weg te hou)
– 2 soorte pronkertjie-saadjies, insluitend ’n erfenis-weergawe in skakerings van koningsblou, pers en wit met die naam Starry night. Vernoem na Van Gogh se skone skildery. (Ek is so ’n sucker vir bemarking. Maar ek is heeltemal verlief op die naam en die gedagte en kan nie wag dat hulle blom nie.)
– 1 sakkie ranonkel-blombolle
– 1 sakkie narcissus-blombolle.
Jeanne Calitz:stillewe:winterplante2
Eerlikwaar, as dit kom by plante is my oë altyd groter as my tuin. Want daar is nog blomkool- en wortel- en beetsaadjies wat wag om te ontkiem en iewers moet groei. Om nie te praat van die broccoli wat ek graag weer wil probeer nie.

En dan het ek vanmiddag op die wonderlikste ding afgekom – mens kan allerlei interessante blombolle bestel van Hadeco se aanlynwinkel! (hadecoshop.com) Genade, die versoeking. Want hoewel mens vir die afgelope paar jaar (in my ervaring) geen meer teken van ’n tulp-blombol in die winkels kon kry nie, kan jy dit nou direk by Hadeco bestel. In ’n groot verskeidenheid kleure en variëteite. En ek het ’n murgsagte plekkie vir ’n tulp. O wee.

2 thoughts on “Oor impulsiewe plant-inkopies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s