Roosmaryn-gegeurde skemerdrankie vir ’n herfsdag

Jeanne Calitz:stillew:roosmaryn GTIewers het ek gelees dat roosmaryn en jenever baie goed saamgaan. ’n Mens kan dit eintlik indink: hoewel die G&T ’n geliefde somerdrankie is, voel dit vir my jenever het ’n subtiele winter-karakter – die geure daarvan laat my altyd dink aan ’n stil, ysige wintersdag. En roosmaryn is immers ’n krui wat hom leen tot warm winterkos: gebakte aartappels en ander geroosterde trooskos. So die twee bestanddele behoort goed oor die weg te kom.

Met vandag se redelik onvriendelike herfsweer het ek gedink dis tyd om die idee te beproef, ook omdat roosmaryn nou in seisoen is (hoewel dit heeljaar in my tuin groei). Die resultaat, ’n kombinasie van Inverroche se besonderse jenever met vars suurlemoensap en ’n suikerstroop gegeur met roosmaryn, is werklik ’n wenner. Jy proe die roosmaryn net so liggies, hier agter in die keel. En hy gaan baie goed af ná ’n drukbesige Maandag. Die drankie, waarvan daar verskeie weergawes op die interwebs rondfladder, gaan onder die naam Rosemary Gin Fizz.

Bestanddele:
2 takkies vars roosmaryn
1 suurlemoen
Jenever (gin)
sodawater
water en witsuiker vir suikerstroop

Metode:
1. Plaas 125 ml water en 125 ml witsuiker in ’n pot op die stoof en laat prut totdat al die suiker opgelos het.
2. Voeg nou die roosmaryn by en laat vir so 3 minute prut, todat jy die roosmaryn kan ruik. Verwyder van die stoof, gooi deur ’n fyn sif om die kruie te verwyder, en laat die gegeurde stroop afkoel in die yskas. (Jy sal nie alles opgebruik nie; die stroop sal vir ’n hele paar dae hou vir latere drankies …)
3. Om die drankie te maak: meng 60 ml jenever met 15 ml vars suurlemoensap en 20 ml van die stroop. Vul die glas met koue sodawater, garneer met ’n suurlemoenskyfie of skil, en sit voor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s