Vinkel (geen koljander)

vinkel1Ons het te lanklaas vis geëet, besluit ek vanoggend. En ek is lus vir ’n spesifieke visgereg, een wat ek ’n paar jaar gelede by een van my gunsteling-restaurante, Gabriëlskloof in die Overberg, geëet het. Daar het hulle gerookte forel voorgesit saam met die mees ongelooflike vinkel-vinaigrette en gebraaide aartappels.

Kyk, ek was nie voorheen ’n groot vinkel-voorstander nie. Die sterk droplekker-geur het my nie aangestaan nie. Maar daardie gereg het my mening vir ewig verander. Plus, vinkel is nou in seisoen; dus die besluit om die resep te probeer namaak. Soos die duiwel dit wou hê, kon ek nêrens forel opspoor vandag nie, maar het reggekom met ’n stokvissie só onlangs uit die see getrek dat hy skoon wou uitmekaarval in die bord.

Die vinkel-vinaigrette, moet genoem word, is so lekker vars en geurig dat mens dit sou kon vergroot tot volwaardige slaai … Ek gee hiermee net die resep vir die vinaigrette – dis lekker saam met stokvis maar ek dink steeds forel sal die beste werk. Rooster die vis, sit dit voor met bykosse na jou smaak, en skep lepelsvol van die vinaigrette oor die vis net voor jy voorsit.

vinkel2

Vinkel-vinaigrette
1 k fyngekapte vinkelbol
½ fyngekapte rooi ui
2.5 T olyfolie
2.5 T witwynasyn
sout en growwe peper na smaak
sap en fyngerasperde skil van ½ suurlemoen
sowat 4 stingels dille, fyn blare afgeskeur

Metode:
1. Meng alles.
: )
2. OK nee daar is nog iets om te doen: laat die mengsel vir ’n paar uur in die yskas rus sodat al die geure lekker kan meng.

Hiermee die eindresultaat – stokvis met vinaigrette, en baba-aartappels en rosa-tamaties wat sommerso saam in die oond gerooster is.

vinkel3

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s