Geurige tamatiekerrie

tamaties volgendeOp dae wanneer daar nie tyd is vir inkopies doen of behoorlik te beplan vir aandete nie, is daar vir my iets geweldig bevredigend om waaraan ek dink as nood-leer-bid-kos te maak. Wanneer jy half desperaat in jou koskas rondgrawe – of in die groentetuin – en besef dat jy eintlik alles het vir ’n nederige dog smaaklike aandete. Gister was só ’n dag, vervolmaak deur die ontdekking van ‘n Nigel Slater-resep vir vinnige groentekerrie wat ruim gebruik maak van tamaties en eiervrugte, wat nou in seisoen is, en iets wat ek op die oomblik heerlik oes in my tuin.

As ons nou eerlik moet wees is dit beslis nie die mooiste gereg wat ek al ooit gemaak het nie, maar danksy die toevoeging van knoffel, gerasperde gemmer en lepelsvol kerriepoeier is dit besonder geurig. Boonop maklik om te maak. Gister het ons dit saam met gemengde rys en ’n lepel of twee jogurt geëet, vanaand eet ons die oorskiet, volgens Nigel se raad, saam met roti’s. Die eiervrug gee nogals substansie aan die gereg en maak daarvan ’n lekker vullende aandete.

tamaties volgende2

Geurige tamatiekerrie
Lewer 4-6 porsies

Bestanddele:
2 medium eiervrugte, in duimgrootte blokkies gesny
2 medium bruin uie, grofweg gekap
700 g tamaties (min of meer 6 medium tamaties), grofweg gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 t gerasperde gemmer
olyfolie
1 t sout
growwe peper na smaak
4 t medium kerriepoeier
2 t garam masala
ongegeurde jogurt, om voor te sit
vars koljander, om voor te sit
Gemengde rys of roti’s, om voor te sit

Metode:
1. Braai die uie en eiervrug in sowat 4 T olyfolie tot dit begin versag. (Gooi nog olie by indien nodig, moenie skaam wees nie, dis die olie wat sorg dat die eiervrug so lekker sappig raak.)
2. Gooi die gemmer en knoffel by, gevolg deur die kerriepoeier. Braai kortliks.
3. Roer die tamaties by, gevolg deur 200 ml water en die sout.
4. Laat prut vir so 25 minute of tot die eiervrug lekker sag gekook en die sous begin verdik het.
5. Roer die garam masala by ‘n paar minute voor jy opskep en geur met peper.
6. Sit voor saam met rys of roti’s, in eersgenoemde geval met ’n teelepel of twee ongegeurde jogurt en ’n paar vars koljander blare.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s