Amandelkoek met vars vye

vye voor1
Heel week al is ek lus vir iets koekerigs. Dis die weer. Die oomblik as dit bietjie bewolk of reënerig raak, begin ek droom van pannekoek, vlakoek, ’n lekker klam sjokoladekoek … Maandag het ek erg sit en smag na ’n jogurtkoek met vars bloubessies en pruime wat iemand iewers op Facebook gelaai het.

So toe ek vanoggend opstaan en dis weer lekker bewolk, met selfs tekens van reën deur die nag, begin ek soek vir resepte. Verkieslik iets met vye, want dié vrug is nou in seisoen, en siende my adamsvy se oes nog ver van ryp is, soek ek enige verskoning om ’n pakkie aan te skaf en in te span.

Natuurlik het die weer later opgeklaar, en het dit te warm geword om eintlik voor die stoof te staan en bak. Maar die resep – amandel-en-vye-koekies – was ongetwyfeld die moeite werd. Dis maklik om te maak, dit gaan instaan as ’n skitterende ontbyt vir moreoggend, en weer eens kon ek bietjie van die amandelmeel wat oorbly nadat ek amandelmelk gemaak het, wegwerk hier.
Wen-wen-wen, as jy my vra.

Individuele amandelkoekies met vars vye
Lewer 12

vye klaar2

Bestanddele:
175 g bruismeel
175 g amandelmeel/gemaalde amandels
175 g sagte botter
175 g strooisuiker
20 ml rooswater
knippie sout
3 eiers
6 ryp vye
versiersuiker

Metode:
1. Meng al die bestanddele behalwe die vye en versiersuiker in ‘n groot mengbak tot glad.
2. Voer ’n muffinpan uit met kolwyntjiehouertjies en verdeel die deeg eweredig tussen die 12 holtes. Verhit intussen die oond tot 180 grade.
3. Sny die vye middeldeur, met die stingel as middelpunt (sien foto heel bo). Sny nou elke helfte in 3 tot 4 dun skywe – van die ronde kant deur na die stingel se rigting, maar sonder om heelpad deur te sny. Die doel is om die halwe vy uit te waaier met die stingel as middelpunt (soos wat deesdae met aarbeie in deftige restaurante gedoen word). Plaas ‘n halwe, ‘waaiervy’ op elke amandelkoekie.
4. Bak vir 40 minute of tot goudbruin, verwyder van die oond en sif versiersuiker oor.

Geniet saam met sterk koffie en goeie geselskap.

(Resep verkry en aangepas van BBC Good Food)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s