Boontjie kry sy nooientjie

boontjies voor

’n Warm groenboonslaai: Een van my staatmakers. Hierdie ene word baie gereeld uitgedraf as bykos vir ’n braai of vir groot Sondag-familiekuier, want danksy die aartappels is dit stysel en slaai in een, sien?

En boontjies is nou in seisoen, so ek het gedink dis tyd. Vir hierdie resep verkies ek die dun Franse boontjies – het nie veel erg aan die effens rubberagtige tekstuur wat die gewone groenbone dikwels het nie. (Toegegee, dis dalk my fout, miskien kook ek hulle net verkeerd? Maar met die Franse bone het ek nog nooit daardie probleem gehad nie.)

Ek sit dit voor saam met gebraaide lamstjoppies, of Woollies se roosmaryn-gegeurde lamsworsies, gebakte stokvis of selfs geroosterde forel.

Warm groenboonslaai
Genoeg vir 4 mense as stewige bykos, of 6-8 as groot slaai vir die tafel.

boontjies klaar

Bestanddele:
180 g Franse bone (of meer as jy wil, hoe meer siele, in dié geval)
1 kg baba-aartappels
200 g kersietamaties, gehalveer
halwe handvol pietersielie
¼ rooi ui, fyngekap
¼ k mayonnaise
1 T melk
sout en growwe peper
olyfolie
suurlemoensap

Metode:
1. Kook die aartappels tot amper gaar, sny dan in wiggies en pak op ’n bakplaat (met bakpapier uitgevoer). Drup olyfolie oor of smeer dit met ’n kwassie aan elke wiggie. Geur mildelik met sout en growwe swart peper. Bak tot goudbruin.
2. Verwyder die bone se stingels en stoom dit kortliks in bietjie kokende water in ’n pot tot heldergroen – letterlik net ’n paar minute, totdat jy ’n vurk maklik kan indruk. Spoel die bone onmiddellik met koue water af om die kookproses te stuit.
3. Meng intussen die mayonnaise met die melk en ’n skeut suurlemoensap, en geur met growwe peper.
4. Pak die aartappels op ’n groot opskepbord uit en rangskik die bone en tamaties tussendeur.
5. Sprinkel die uie oor, asook die pietersielie (blare verwyder van die stingels en grofgekap.)
6. Drup die mayonnaise-sous oor en sit voor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s