Laventel-geïnspireerde lafenis

laventel voor

Daar’s heelwat kruie in my tuin – tiemie, pietersielie, ‘n hele paar soorte ment, roosmaryn, roosmalva, suurlemoentiemie … maar my gunsteling bly laventel, en spesifiek Franse laventel, die soort met die sagte blaar en blom. Fluweelsag. So subtiel mooi as wat die krui is, met sy skaam pers blommetjes en grysgroen blare, so parmantig is sy parfuum – verbasend sterk, amper oordonderend. En ek geniet veral die feit dat, van al die plante in my tuin, laventel die meeste bye lok.

Buiten die wete dat hierdie krui blykbaar kalmerende eienskappe het (goed vir slapeloosheid, in ‘n kruiesakkie onder die kussing, lees ek, of ‘n paar druppels olie in die bad) weet ek lankal dit word gebruik in die kookkuns, meestal vir gebak – scones, koekies ensomeer. My plan vir die dag is egter veel minder goedig: ek het in gedagte ‘n laventel-gegeurde skemerdrankie. Die French 75, om pressies te wees. Dit is tradisioneel ‘n mengsel van gin en vonkelwyn, met ‘n skeut suurlemoensap. Maar onlangs het ek die idee raakgelees van ‘n laventel-gegeurde suikerstroop vir drankies, en vandag is die dag. Die resultaat is ‘n sterk maar besonder elegante cocktail, een wat ek laatmiddag met groot genoegdoening op die dek geniet.

lavender klaar

Laventel-gegeurde French 75
Lewer een drankie

Maak eers die gegeurde suikerstroop: Plaas ½ k strooisuiker saam met ½ k water en vier (organiese, m.a,w blomme wat nooit met enige chemiese middels bespuit of behandel is nie) laventelkoppe in ‘n pot op die stoof. Kook tot die suiker opgelos is en laat dan goed afkoel in die yskas. Gooi deur ‘n sif om die blomme te verwyder.

Vir die drankie:
4 T jenever (gin)
4 T vonkelwyn of MCC
2 T laventelstroop
skeut suurlemoensap
‘sparkling’ water

Metode:
Meng al die sogenoemde bestanddele in ‘n glas, voeg ‘n blokkie ys by indien nie koud genoeg nie en vul die inhoud aan met soda- of vonkelwater na smaak. Gegewe die teenwoordigheid van jenever EN vonkelwyn is dit ‘n redelik sterk drankie, so gebruik met die nodige versigtigheid.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s