In seisoen: mango’s

mangoA
Sedert die perskeslaai-met-skop van die ander dag het die gedagte begin groei om dieselfde eksperiment met mango’s uit te voer – die vrug se tropiese karakter leen hom darem net perfek daarvoor om met ‘n titsel brandrissie opgetert te word.

‘n Rysslaai, het ek besluit. Een met handevol koljander, kruisement uit my tuin en ook ‘n brandrissie of twee – laasgenoemde groei op die oomblik so welig dat die plante skoon skuinslê van die gewig … Ons het, terloops, ‘n mangoboom in die tuin. (Vorige eigenaars se erfenis, saam met ‘n koejawel en ‘n vla-appel.) Die mango het egter nog nooit gedra nie – ek vermoed hy het ‘n maat nodig. Iets om reg te stel vanjaar. Maar eers: middagete.

Rysslaai met mango en Thaise vinaigrette
Lewer 4 porsies

manog4

Bestanddele:
2 ryp (maar stewige) mangoes, geskil, en in 1 cm blokkies gesny
1 Mediterreense komkommer, in fyn blokkies gesny
halwe rooi ui, fyngekap
halwe rooi soetrisse, in klein blokkies gesny
handvol koljanderblare, grofgekap
sowat 20 kruisementblare, van die stingels verwyder
4-5 koppies gekookte bruin- & wilde rys

Metode:
1. Kook die rys volgens die instruksies op die pakkie. (Ek haal myne so ‘n raps voor die tyd af, want ‘n rysslaai moenie ‘n pappery wees nie: ferm korrels asb!)
2. Meng al die bestanddele saam, maar moenie te woes roer nie – jy wil nie hê die mango moet uitmekaar val nie. (Dis ook hoekom die ferm mano’s verkieslik is.)
3. Gooi die slaaisous oor (sien onder), laat behoorlik afkoel en sit koud voor, gegarneer met ‘n paar koljanderblare. Dit sal selfs beter smaak die volgende dag, as die geure lekker gemeng het.

Slaaisous:
Meng 6 T lemmetjiesap met 6 T rooiwynasyn, 1.5 T vissous, ½ t sout, 3 T strooisuiker en 1 klein brandrissie* (ontpit en fyngekap).

*Naskrif:
So, die slaai is heerlik. Geurig en vullend, ideaal vir middagete op ‘n warm dag. Maar ek sit hierdie post met een hand en tik. My linkerhand hang in ‘n bak yskoue melk, want kiepie het vergeet hoe maklik die olies van ‘n vars brandrissie onder jou naels inkruip as jy dit sny, en hoe lank dit vat om die brand weg te kry. Bliksem. ‘n Waarskuwing dus, probeer om so min as moontlik aan die brandrissie te vat – sny dit sommer met ‘n mes en vurk indien moontlik!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s