In seisoen: eiervrugte

eiervrugte vooreiervrugte na1

So, ek het heerlik gekook met vrugte die afgelope ruk, nou is dit tyd om bietjie die groente beet te kry, en ek spring weg met die eiervrug. Nie ‘n REUSE aanhanger daarvan nie, as ek nou eerlik moet wees. (Ek’s nie lief vir groente wat sag en sponserig raak by die eerste teken van hitte nie.) Maar my man is ‘n nogal erg daaroor en buitendien was ek opsoek na ‘n meat-free Monday-resep, toe val die gedagte van Ratatouille my by. En nie sommer enige weergawe daarvan nie –  spesifiek die aanskoulike resep wat die rot Remy in die pragtige fliek Ratatouille gemaak het.

eiervrugte na 3

Daardie resep maak van hierdie gereg (wat eintlik nogals in ‘n morsige, souserige storie kan ontaard) iets wat sag op die oog is, danksy die gebruik om die groente in dun wiggies te sny en in lae oor mekaar te pak. Die resep het ‘n vriend vir my aangestuur via die blog Smitten Kitchen. Ek het dit na smaak aangepas. My planne vir ‘n “ná”-foto is liederlik in die wiele gery deur Eskom, wat uitgesny het minute voor ek die pan in die oond wou druk. In ons desperaatheid om iets vir aandete te kry, het ons maar deurgedruk en die swaar ysterpot op ‘n klein gasstofie gebalanseer… ‘n Wankelrige besigheid, om die minste te sê. Die groente is dus nie soseer gaar gebak (soos dit hoort) nie maar eintlik gaar gestoom. Nietemin – baie geurig, en lekker saam met cous cous.

Ratatouille
Lewer 4 porsies

Bestanddele:
2 mediumgrootte eiervrugte (met deursnit van so 5-6 cm in wydte, as dit kan)
2 medium ryp tamaties
1 rooi ui, sowat ‘n derde in dun skywe gesny, die res fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
4-5 vlapampoentjies (pattipans)
3 soetrissies (geel, oranje en rooi vir kleureffek, die lang dun soort as dit kan)
1 blikkie gekapte tamaties
sout & growwe peper
olyfolie
vars tiemie, blare van sowat 4 stingels

Metode:
1. Sny al die groente in dun skywe (sowat 5 ml max) in die breedte.
2. Meng die knoffel, fyngekapte uie, helfte van die tiemie, 10 ml olyfolie en gekapte tamaties saam en skep die mengsel in die onderkant van ‘n tertbak of ronde oondbak.
3. Begin die groente in sirkels pak. Wissel dit af: een skyf eiervrug, gevolg deur een skyf tamatie, skyf eiervrug, skyf pampoentjie, skyf eiervrug, uiering, skyf eiervrug, soetrissie, skyf eiervrug ens. tot al die groente op is. Geur gereeld met sout en peper soos jy aangaan.
4. Drup sowat 10 ml olyfolie bo-oor en plaas (met deksel op indien moontlik of ‘n vel bakpapier geknip om te pas as dit moet) in die oond.
5. Bak teen 180 grade vir so 35 minute, verwyder dan die deksel of papier en bak vir nog 10 minute.
6. Sit voor saam met cous cous of rys, en met ‘n klontjie of twee sagte bokmelkkaas as jy wil.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s