In seisoen: waatlemoen!

‘n Versengende dag in die Kaap. Die kwik draai by 32 en die kraaie gaap. Al wat my deur die ellelange dag kry is ‘n halwe, yskoue waatlemoen in die yskas waarvan ek elke nou en dan ‘n wig gaan afsny vir soet lafenis … en die waatlemoen-margarita wat beplan word vir uitkloktyd. Die waatlemoen sorg dat dit ‘n minder suur gedoente is as die tradisionele margarita; boonop is daar min dinge so verfrissend soos koue waatlemoensap op ‘n snikhete dag.

Waatlemoen-margarita
lewer 1 drankie

waatlemoen

Bestanddele:
¼ koppie waatlemoensap
15 ml lemmetjiesap
30 ml tequila
30 ml suurlemoenlikeur (soos Triple Sec)
sout

Metode:
1. Gooi ‘n bietjie sout uit in ‘n kleinbordjie, maak die rand van ‘n martini- of margarita-glas nat, dop dit om en draai in die sout sodat dit ‘n randjie vorm.
2. Meng die res van die bestanddele saam en gooi bo-oor ‘n blokkie ys in die glas.
3. Garneer met ‘n lemmetjieskyfie en geniet.
4. Herhaal soos nodig …

One thought on “In seisoen: waatlemoen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s