In seisoen: litchi’s

litchis voor

Volgens my seisoenale kaart is litchi’s plaaslik vir slegs vir twee maande in seisoen: Desember en Januarie. Dus, noudat mens dit in die hande kan kry sonder om ‘n plaas se prys te betaal (en skuldig te voel oor ingevoerde vrugte), laat ek nie twee keer op my wag om soveel as moontlik met dié tropiese vrug te eksperimenteer nie. Poeding is die algemene keuse, maar ek was nuuskierig oor die moontlikhede saam met souterige kosse/hoofgeregte … Ná ‘n rukkie se gesnuffel op die internet leer ek die Oosterlinge gebruik graag litchi in hul kerries, vir ‘n soet verrassing tussen al die branderigheid. Hiermee ‘n resep (so ‘n aks aangepas van taste.com.au) vir ‘n Thaise rooikerrie met eend en litchi’s.

Thaise rooikerrie met litchi’s
(genoeg vir 4)

litchis klaar

Bestanddele:
3 T rooikerriepasta
1 rooi en 1 geel soetrissie, in duimgrootte blokkies gesny
1 koppie litchi’s, halveer en ontpit
vars pynappel, in blokkies gensy, so ‘n driekwart koppie
3-4 eendborsies (nié gerook nie)
250 ml klappermelk
350 ml hoenderekstrak

Metode:
1. Neem die eendborsies en sny oorkruisende kepe in die vet met ‘n skerp mes.
2. Braai die eend tot bruin in ‘n pan (geen olie nodig, die vleis gee baie vet af). Skep uit die pan, dreineer, sny in repies en hou eenkant.
3. Verhit nog ‘n pan – of verkieslik ‘n wok – oor medium hitte en braai die kerriepasta vinnig daarin, vir so ‘n minuut of tot die kerriegeure begin opslaan.
4. Voeg die klappermelk en hoenderekstrak by; verhoog die hitte tot dit borrel.
5. Draai die hitte effens af, gooi die soetrissies by en laat prut vir so 5 minute.
6. Voeg nou die litchi’s en pynappel by, roer deur en laat prut vir so 10 minute.
7. Draai die hitte effens op sodat die sous kan afkook en effens verdik.
8. Voeg nou die eend by en roer deur tot dit deurwarm is, dit behoort nie langer as 2 minute te neem nie.
9. Sit voor saam met basmatirys en garneer met koljander of Thaise basilie. (Nodeloos om te sê is die krui in die foto nie een van die twee nie, ek kon geen enkele stingel van bogenoemde opspoor die afgelope twee dae nie. Maar die foto het iets groens gekort! So ‘n gewone basilieblaar of twee moes maar instaan …)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s