In seisoen: basilie

basil 1

Vanoggend loop ek deur die tuin, ‘n oomblik se stilte ná gisteraand se storm; alles is groen en kalm en klam van die reën, met die reuk van grond wat lieflik opslaan. My oog val op die een basilieplant wat so woes groei, en ek begin planne maak vir ‘n drankie later, want dis immers Vrydag …

Basilie-en-komkommer martini

basil 2
Bestanddele:
So 3-4 medium basilieblare
3-4 snye komkommer
30 ml suikerstroop*
45 ml jenever (a.k.a. Gin! Ek gebruik die plaaslike Inverroche se lieflike produk.)
lemmetjiesap na smaak

* suikerstroop is maklik om te maak: kook gelyke hoeveelhede witsuiker en water – byvoorbeeld 1 koppie water vir 1 koppie suiker – op die stoof todat die suiker heeltemal opgelos het, en laat afkoel.

Metode:
1. Gooi die basilie en komkommer in ‘n mengbeker of fles en roer goed deur (die Engelse woord is ‘muddle’) saam met die stroop sodat die geure behoorlik meng.
2. Voeg die jenever by en lemmetjiesap** na smaak (sowat 4 T behoort te werk).
3. Gooi die mengsel deur ‘n sif in ‘n martiniglas met ‘n blokkie ys in om die hele storie na wense af te koel.
4. Garneer met ‘n sny komkommer op die glas se rant en geniet!
5. Herhaal soos nodig …

** Lemmetjies is nie nou in seisoen nie, so is dus mal duur as jy dit vars wou aanskaf, maar plekke soos Woolies verkoop ook die sap in botteltjies indien nodig. Ek sou dit egter versigtig toets en gebruik, vir ingeval dit ‘n gekonsentreerde weergave is soos wat suurlemoensap in die bottel gewoonlik is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s