… nog perskes

Persketertjies 1

Ek kon nie die versoeking weerstaan nie – individuele gebakte persketertjies met roomys (of mascarpone gegeur met vanieljesaadjies…) Gewoonlik as ek perskes in die oond bak, maak ek staat op ‘n mengsel van heuning, bruinsuiker en vanieljesaadjies vir ekstra geur. Vir hierdie tertjies het ek regte esdoringstroom (maple syrup) probeer, en dit werk soos ‘n droom

Individuele persketertjies
Lewer so vyf

Persketertjies 2

Bestanddele
Twee ryp geelperskes
Skilferdeeg (die gekoopte soort wat jy net kan uitrol)
Halwe vanieljepeul (die oorblywende helfte sal lank reg bly as jy dit dig seel)
2 T esdoringstroop
1 t botter
suurlemoen (opsioneel)
vanieljeroomys of mascarpone

Instruksies
* Verhit die oond tot 180 grade.
1. Rol die deeg uit en sny in reghoeke van sowat 7 x 9 cm. Vou die rante om met jou vingers om ‘n klein, vlak “bedjie” vir die perskes te vorm.
2. Skil die perskes, sny in dun skyfies en plaas in ‘n mengbak.
3. Smelt die botter en meng met die stroop en die uitgekrapte vanieljesaadjies. (Verwyder laatsgenoemde deur die peul met ‘n skerp mes in die lengte deur te sny en dan die blinkswart saadjes met ‘n skerppuntmes uit te krap.)
4. Gooi die sous oor die perskes in die mengbak; meng goed.
5. Rangskik die perskes op die deegstroke. (As daar van die sous oorbly in die mengbak, hou dit om oor die tertjies te drup wanneer dit uit die oond kom.)
6. Bak vir sowat 20 minute tot die perskes sag gebak en die deeg goudbruin is.
7. Sit voor saam met vanieljeroomys, met ekstra sous oorgedrup indien daar is.
* Vir ‘n bietjie ekstra woema: ‘n druppel of twee suurlemoensap oor die gebakte perskes laat die vrugtegeure nogals sing …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s