Hoera vir pruime!

PRuime voor

‘n Hitswarm dag in die Kaap. Skuins ná middagete grawe ek in die yskas opsoek na iets koels, en kom af op ‘n sak pruime … soetsuur, blosrooi, yskoud. Die perfekte somerhappie, vullend en verfrissend in een.

Dit laat die idee posvat vir ‘n pruim-geïnspireerde aandete – die resultaat is ‘n soetsuur varkgereg wat bekoor met die geure van gemmer, rooi uie en ryp pruime. Ek gebruik varkfillet hier, maar die resep sou ook kon werk as ‘n lekker sous vir gebraaide varktjoppies. Wat die fillet betref, dis ‘n sensitiewe stukkie vleis wat baie gou uitdroog, so wees baie spaarsamig met die braaityd!

pruime 4

 Varkfillet met pruime
Genoeg vir 4 as hoofgereg

Bestanddele
500 g varkfillet, in repe of dik snye gesny
4 ryp pruime, ontpit en in agstes gesny
2 cm vars, fyngekapte gemmer
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi ui, fyngesny
4 T rooiwynasyn
100 ml sojasous
3 T bruinsuiker
cous cous, om voor te sit

Instruksies:
1. Vryf die vleis in met sout en peper en braai vinnig in ‘n pan oor medium hitte tot die vleis verbruin het. Haal uit die pan en hou eenkant.
2. Voeg ‘n skeut olyfolie in dieselfde pan en braai die gemmer en knoffel vir so ‘n minuut of twee.
3. Voeg die asyn, sojasous en suiker by, roer deur en laat liggies prut.
4. Voeg nou die uie en pruime by en roer deur, plaas ‘n deksel op die pan indien moontlik en laat vir so vyf minute opkook.
5. Verwyder die deksel, draai die hitte effens op sodat die sous begin afkook en verdik. Voeg nou die vleis by en roer deur. Laat kortliks kook tot deurwarm en haal dan onmiddellik die pan van die hitte af.
6. Sit voor saam met cous cous.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s